Oor die breedte van die restaurant waai hy, staan op en stap nader om my met ’n warm omhelsing te groet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Goeie middag. Ek is Paul Young.” In ’n dik aksent, maar in Afrikaans. Wat omtrent die omvang van sy Afrikaans is. Daarna gesels ons verder in die rooi taal. Hy’s nie ’n lang man nie, en praat in ’n beheerste, sagte stem, wat sekerlik sy Kanadese wortels verraai. En warm. Hy het ’n egtheid en ’n warmte aan hom wat maak dat jy onwillekeurig ook sagter praat.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }’n Mens is maar lekker senuagtig wanneer jy die skrywer van boeke moet ontmoet waarvan daar al meer as 25 miljoen kopieë verkoop is. Veral Christelike lektuur. Of eerder, soos hy dit benoem, “spirituele filosofering”. Maar binne enkele minute, oor stomende koppies cappuccino, gesels ons soos ou vriende.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Paul se trefferboek, The Shack, het in 2008 verskyn. ’n Boek wat sonder enige amptelike bemarking en slegs deur word of mouth 76 weke lank boaan die New York Times se tophonderd boeke gestaan het.
Dié voormalige verkoopsman – ook kontrakteur, versekerings-agent en telekombemarker – het oornag wêreldbekend geword.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ek het nog altyd geskryf. Al was dit net in my dagboek, briewe vir my vrou en vriende, nuusbriefinhoud vir die maatskappye vir wie ek gewerk het … maar dat ek ooit as ‘’n skrywer’ beskou sou word, het as ’n groot verrassing gekom.”
Paul se agtergrond is baie ongewoon – en was nie altyd so aangenaam nie. Hy’s sestig jaar gelede in Kanada gebore, maar het die grootste deel van sy kinderjare in Nederlands-Nieu-Guinea (Wes-Papoea) deurgebring.
“Ek het tussen die Dani grootgeword, tegnies ’n Steentydperk-stam. Ons was letterlik die eerste wit mense wat hulle ooit aanskou het.”
Paul se pa was ’n sendeling en die mense van dié vreemde stukkie aarde was sy roeping.
“Die Dani het my familie geword. As die eerste wit kind, of buiteling, wat hul taal leer praat het, het ek die wonderlike voorreg gehad om in hul kultuur en gemeenskap opgeneem te word.”
Hy wys vir my ’n foto van hom, nog in sy doek, tussen die klomp kaal kindertjies. Liefde en beskerming straal uit die foto, so te midde van die oerwoudomgewing.
“Hoewel hulle soms oorlog gemaak het, steeds hul geeste en voorvaders aanbid en selfs bekend is daarvoor dat hulle soms kannibalisme toegepas het! – het hulle ook ’n aardse en diepe erkenning van identiteit.
“Dit het my vir altyd bygebly. Teen die tyd dat ek kosskool toe moes gaan, was ek so te sê ’n wit Dani.”
Sy lewe tot nou toe was ook nie sonskyn en roosblare nie. Hy’t ’n paar letsels opgedoen, sommiges diepsnydend en blywend. Paul is as jong seun seksueel gemolesteer. Om die saak te vererger, was dit sy eie pa, die sendeling, wat dit aan hom gedoen het.
“Dit was vyftig jaar gelede … Dit het die gesig van my pa, die gesig van God, vir my uitgewis,” sê hy peinsend. Nou, dekades later, hang daardie skaduwee nog oor hom.
In sy huwelik van meer as dertig jaar was daar nog ’n vertrouens-verbreking: hy het sowat 19 jaar gelede ’n affair gehad,
“Dit het my jare gevat om terug te keer na die vlak van vergifnis en aanvaarding waar ons nou is.”
Iets is krapperig in ons albei se oë …
Hy gaan sag voort: “Dis miskien ’n paar feite van my lewe, maar dit is nie die volle verhaal nie. Ek was op ’n reis wat sowel ongelooflik as ondraaglik was. En ek het desperaat gesoek na genade en vergifnis.
“Die feite vertel jou eintlik niks van die inherente pyn van lewensverliese wat amper te swaar was om te dra nie; van middernagtelike skreeue ten hemele oor onreg en ongeregtighede; van ’n hoop selfhaat en skande wat jou wil versmoor of van jou kop af wil laat gaan; van lewensdrome wat jy opgefoeter het en teleurstelling wat jy oor jouself laat kom het.
“En dit vertel ook nie van die kernkrag van liefde en vergifnis, of van die harde pad tot by versoening, die verbasende helingskrag van genade en die omarming van jou gemeenskap, van die transformasie van heelword, en dan die uiteindelike ware geluk nie.”
Oor Eve, sy nuwe boek, praat hy met entoesiasme en ooglopende liefde. “Vroue is ’n herroeping van ons menslikheid,” of soos hy dit so mooi stel: “women are the call back to our humanity.”
“Oor die algemeen behandel mans verhoudings soos grond. Die gesin is veronderstel om die gesin te wees, maar vroue is eeue lank gedemoniseer. In die oorvertellings is die vrou altyd die verleidster, die bose – dink maar aan die Haarlem-heksejag – die vrou as die oorsprong van sonde … ”
Hy raak lig aan my arm.
“Ons, die mens, het die vermoë verloor om een te word en om om te gee.’
Ek vra hom oor sy skeppingsbeskouing. Is hy ’n kreasionis? Of ’n evolusionis? Hy grinnik.
“Op ’n manier albei. Ek dink nie die twee is onversoenbaar nie, inteendeel. Jy kan my ’n ‘old earth creationist’ gekruis met ’n ‘scientific theologian’ noem. Ek glo beslis aan ’n Intelligente Ontwerper. God. Of, soos dit in die Koran sê, en dis in meervoud, Elohim. En die gees, is ek oortuig, is vroulik.”
Hy val homself in die rede.
“Het jy geweet die woorde vir ‘womb’ (baarmoeder) en ‘mercy’ (genade) het in hierdie ou geskrifte dieselfde stamboom, soos die Bybel, die Torah en die Koran?
“Die vroulike dimensie van die godheid is nog altyd geïgnoreer, hetsy deur eerste vertalers, of predikante, teoloë, filosowe … Dis óns wat die polarisasie geskep het. Ons. Mans. Die mens.”
Paul weet sy godsbeskouing en interpretasie van gelowige tekste is vir sommige mense uitdagend en moeilik verteerbaar. Trouens, in Amerika was daar ’n hele groep predikante wat hom daaroor veroordeel het. Maar terselfdertyd het hy miljoene mense se siele aangeraak met The Shack, toe Crossroads, en nou moontlik sy “uitdagendste” boek, Eve. En terselfdertyd het net so ’n groot groep denkers en teoloë hom begin steun.
Die gewildheid van The Shack was vir hom ’n algehele verrassing. Die boek handel oor ’n pa wat sy dogter in tragiese omstandighede verloor, en haar – en homself – in ’n hut in die bosse vind. Dit is ’n geestelike reis aan die hand van ’n lieflike roman, en het ’n aar raakgeboor in lesers, Christene en ander, wêreldwyd. Dit is veral sy vernuwende interpretasie van geloof en sy belewenis van God wat mense laat regop sit het. Dit is ’n boek oor tragedie en triomf, en sal jou ook uitdaag om met ander oë na die lewe te kyk.
“Ek het dit eintlik vir my kinders en my vriende geskryf, op versoek van my vrou, Kim. Sy wou hê ons kinders moet verstaan ‘waar hul pa se vreemde kop’ vandaan kom … ” Hy lag terwyl hy liggies teen sy slaap tik.
“Aanvanklik was dit so ’n dunnerige boekie, en dit moes maar eintlik net my persoonlike reis, spiritueel en andersins, omarm. Een naweek in die shack moes 38 jaar se roete en soeke verbeeld: selfvergifnis en die soeke na die vergifnis van my Papa.” (Paul noem God “Papa” en hoewel sommige mense nie gemaklik met dié eieheid is nie, sê hy dit verwoord sy verhouding met sý God.
Hy het aanvanklik net 15 kopieë laat druk, een elk vir sy ses kinders en ’n paar vir vriende. Twee van die vriende het hom aangemoedig om die boek te publiseer, maar 26 afkeurings later het hulle besluit om dit self uit te te gee.
“Twee vriende het gehelp om die boek te herskryf, groter te maak, en ons het almal ons kredietkaarte leeggemaak om die eerste paar duisend boeke te druk. ’n Derde vriend het bygekom en saam het hulle spesiaal Windblown Media as die uitgewer vir The Shack geskep.
“Wel, toe word dit ’n golf. En ons het werklik geen bemarking gedoen nie. Die breër bewussyn van die boek het net mondelings versprei. Al hoe meer mense het bestellings geplaas en baie het op die koop toe tien op ’n slag gekoop om ook vir ander vriende te gee. Ons moes heeltyd net meer druk. Dit was ’n ongelooflike tyd. Ek het my nog nooit as ’n skrywer beskou nie, maar ek doen dit nou.”
Daardie “golf” het tot gevolg gehad dat The Shack in 2008 en 2009 wêreldwyd vir ’n rekordtydperk boaan topverkoperlyste was. Daar is intussen ook ’n fliek gemaak van The Shack wat in 2017 op die silwerdoek verskyn. Sy volgende boek word ook reeds verfilm vir nóg ’n grootskermproduksie.
Intussen het Paul se lewe soos handomkeer verander – nie sy geloof nie, voeg hy dadelik by. Dié is net versterk. Hy sukkel nie meer om uitgewers te kry nie, hy bly nou in Oregon op ’n pragtige kleinhoewe en nie meer in ’n huurhuis nie. En die huis is groot genoeg vir sy ses kinders en agt kleinkinders.
Op sestig lyk hy nader aan veertig. Daar is ’n jeugdige sprankel aan hom, danksy ’n fier maar nederige houding en veral vanweë sy teerheid teenoor mense en hul foute.
Hy lyk lankal nie soos daardie man wat na die shack verdwaal het nie. Hy lyk eerder soos iemand wat daarheen gelei is en via sy lyding werklik mens geword het.
The Shack wys op die oomblik in fliekteaters landswyd.
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.