kategorieë: GebakKos

Patattert

Patattert. Stilering en toets: Vickie de Beer. Kosassistent: Nicola Basson. Foto: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele:

Vir een groot tert

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deeg

  • 250 g (450 ml) koekmeelblom
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 150 g (175 ml) koue botter
  • 35 ml (±2 e) koue, sterk rooibostee
  • 15 ml (1 e) strooisuiker
  • 50 g (’n halwe pakkie) okkerneute of pekanneute, gekap
  • 1 eiergeel

Vulsel

  • 125 ml (½ k) sagte bruinsuiker
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 2,5 ml (½ t) fyn gemmer
  • 15 ml (1 e) heuning
  • 300 ml (3 middelslag) gaar patats, geskil en in versoete rooibostee gekook
  • 3 eiers
  • 125 ml (½ k) sterk rooibostee
  • 1 eierwit

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit ’n tertpan met ’n deursnee van 26 cm met kleefwerende kossproei of smeer met botter.
  2. Deeg: Sif die koekmeelblom en sout saam. Rasper die koue botter by die meelmengsel in en vryf dit liggies met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.
  3. Voeg die rooibostee, strooisuiker, neute en eiergeel by. Meng met ’n paletmes tot die deeg bymekaar kom. Moenie die deeg oorwerk nie, want dit sal die mengsel taai maak. Druk die deeg
    effens plat, bedek met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
  4. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit – groot genoeg om die tertpan te vul. Voer die tertpan met die deeg uit en sny die deeg wat oorhang met ’n skerp mes af. Prik die deeg op die boom met ’n vurk. Laat rus in die yskas.
  5. Vulsel: Meng intussen die bruinsuiker, kaneel, gemmer en heuning in ’n groot mengbak. Druk die patats fyn en roer by die suikermengsel in.
  6. Klits die eiers en rooibostee saam en voeg by die patatmengsel. Meng goed. Klits die eierwit styf en vou met ’n metaallepel by die papatmengsel in. Gooi die beslag in die tertkors en
    bak vir 40-45 min.
  7. Sit voor met room of strooi kaneelsuiker oor.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.