Pienk, blou of groen hare klink dalk hansworserig, maar dit hoef beslis nie te wees nie. “Dit is veral gewild onder blondines wat tradisioneel nie daarvan hou om hul haarkleur te verander nie”, sê Mario Atzmoglou, eienaar van Marios a the Hair Company in Kaapstad. “Jy kan op ’n Vrydag vinnig ’n paar stukkies pienk in jou hare sit – tuis of in die salon, jou hare oor die naweek was en Maandag het jy weer jou normale kleur,” sê Lesley Jennison, internasionale ambasadeur vir Schwarzkopf Professional.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ons het Lesley tydens ’n besoek in Kaapstad ontmoet en sy het die volgende te sê gehad oor pastel-hare:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }As jy ouer is of as ’n kop vol pienk, geel of groen hare nie vir jou is nie, is ’n maklike manier om dit te dra net ’n strook kleur in die middelste gedeelte van jou hare. Sodoende lyk jou hare heeltemal ‘normaal’ vir elke dag of werk, en as jy voel jy wil die kleur wys, bind jy die boonste hare in ’n bo-bolla vas of steek jy dit net terug. In my salon in Londen is baie van my kliënte meer kleur-konserwatief, en hierdie strookkleur is besig om baie gewild te raak, selfs onder meer konserwatiewe mense. Pastelle werk die beste op blondines. Hoe ligter jou hare, hoe meer intens sal die kleur lyk. As jy ’n ligter pastel-skakering wil hê, maak seker jy of jou stilis los die kleur nie te lank aan nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Het jy geweet? Geel is op die oomblik een van die ‘trendy’ kleure.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Met hierdie produkte kan jy pastel-skakerings tuis skep en na 3-5 wasse sien jy dit nie meer. Ons sal wel aanbeveel dat jy dit die eerste keer in ’n salon laat doen.
Ná die reën wat die land oor die laaste twee maande beleef het, is daar…
Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…
Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…
Genoeg vir 4. Bestanddele ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…
Hierdie webwerf gebruik koekies.