kategorieë: Sukses en geld

Passievolle entepreneur

Toe ek vyf jaar gelede besluit het om my eie besigheid te begin, was die eerste vraag van mense: “Hoe gaan jy dit regkry? Jy is 31 jaar oud, jy ’n 31-jarige vrou en jy is ’n 31-jarige wit vrou in Suid-Afrika.” Ek was geskok oor die eng en seksistiese siening. Vroue is die uitvoerende hoof van huishoudings. Dink mense nie hulle weet darem iets van hoe om ’n besigheid te bedryf nie? Vroue kan veelvuldige take verrig, is nie bang vir harde werk nie, is gewoonlik goeie luisteraars, en kan baie vasberade wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om ’n vroulike entrepreneur te wees, is al wat ek ken. Ek werk hard en doen van kleins af my beste in alles wat ek aanpak. Ek was nog altyd gemotiveerd en daag myself uit om die beste te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soos in enige bedryf, behaal mens nie sukses as jy nie hard werk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek sou nie sê ek is ’n vrou in ’n “man se wêreld” nie. Dis net makliker om uit te staan as jy ’n vrou is. Jy staan natuurlik uit as jy konsekwent verwagtinge oorskry ongeag of jy ’n man of ’n vrou is.

Lorinda Voges, uitvoerende hoof van 4Elementsmedia vertel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe vind jy balans tussen jou besigheid, vriendskap en jouself?

Ek glo aan die integrasie van werk en lewe want daar is geen manier om dit alles te balanseer nie. Ek geniet harde, doelgerigte werk en my geluk- en sukses- barometer is afhanklik van elke faset van my lewe. Ek is baie deursigtig oor wie ek is en wat my prioriteite is. As ek nie 100% tevrede is met myself en nie ’n doelgerigte lewe het nie, sal ek nie suksesvol kan wees nie.

Hoe vernuwe jy jouself?

Dit vereis veerkragtigheid, eerlikheid, deursigtigheid en uitstekende kommunikasie. Baie hang af van hoe jy ’n situasie hanteer as jy ’n laagtepunt bereik. Dit wys jou karakter, integriteit en intelligensie.

Watter Suid-Afrikaanse vroue is volgens jou gedrewe?

Ek het gelukkig ’n sterk ma wat my van kleins af geleer het om vir myself op te staan. Farah Fortune van ASC en Vicky Crease van Vicky Crease Catering was my mentors in hierdie bedryf. Patience Stevens, Basetsana Kumalo en Khayni Dhlomo is almal spel-wisselaars in ons bedryf en ek het die grootste respek vir hulle. My suster, Leandri, en my beste vriendin, Tanya, is die rotse in my lewe. Hulle aanvaar my vir wie ek is en moedig my aan om te groei en my doel na te streef.

Wat is jou top drie wenke vir vroulike entrepreneurs?

1. Aanvaar mislukking, want daar is so baie om uit ervaring te leer soos wat jy op ’n professionele vlak sal doen of nie moet doen nie as die situasie hom weer sou voordoen. Op persoonlike vlak leer jy wat jou waardes is en wat jou gegrond hou, wie jou vriende is en hoe om jou intuïsie te vertrou.

2. Wie is jy nou en wie sal jy in 10 jaar wees. Dit is goed om oor 10 minute van nou af iemand nuut te wees as jy leer en groei. As jy 10 sekondes gelede uitgevind het jy hou nie van wie jy is nie, gooi die ou vel af en plant jouself in nuwe grond.

3. Doen waarvoor jy lief is en die geld sal volg.

Besoek 4Elementsmedia se webblad hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.