kategorieë: Gesondheid

Pasop vir dwelms in jou drankie!

Dit is makliker as wat jy dink. Voor jy jou oog kan knip, kan iemand dwelms in jou drankie gooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Skrikwekkende video op die internet het onlangs gewys hoe maklik dit is vir iemand om dwelms in ’n kroeg by jou drank te voeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die video wys gewilde aanlyn-aanbieder, Joey Slaaie, met behulp van wegsteek-kameras hoe maklik dit is. In sy toets glip hy afspraak-verkragting-pille (Rohypnol) in verskeie meisies se drankies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rohypnol word gebruik om die effek van alkohol te verhoog en laat mens vinnig dronk voel. Vroue word daarmee bedwelm en dikwels verkrag en hulle kan daarna niks onthou nie. Die effek van die middel is geheueverlies en die slagoffer is onbewus van wat gebeur. Die effek begin 10 minute na inname en kan 8 tot 24 uur duur. Nog ’n dwelm, GHB, het ’n soortgelyke effek.

“Dit skokkende sosiale eksperiment bewys dat dit makliker is as wat jy dink om ’n slagoffer van afspraakverkragting te word,” waarsku Robyn Farrell, Uitvoerende Hoof van 1st for Women Insurance.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“’n Algemene modus operandi is vir ’n man om ’n vrou se aandag af te lei en om dan die middel in haar drankie te gooi. Vroue los ook dikwels hul drankies alleen as hulle badkamer toe gaan. Dit kan gebeur as ’n meisie op ’n afspraak is, of as sy met ’n vreemdeling gesels. Dit kan selfs die kroegman wees. Mens proe nie die smaak van die dwelm nie, “sê Farrell.

Kyk hier na die video:

Hier is ’n paar riglyne vir veiligheid in ’n kroeg

– Moenie jou drankie sonder toesig laat in ’n restaurant of kroeg nie.
– As iemand wat jy skaars ken vir jou ’n drankie aanbied, bly by die kroeg tot die drankie bestel en bedien is.
– Hou jou drankie in jou hand en moenie dit ’n tafel of toonbank neersit voor jy nie klaar is nie.
– Hou jou drankie se bokant dop. As jy uit ’n glas drink, hou dit op so ’n manier vas dat jou hand die bokant van die glas bedek. Hou die glas vas met jou palm oor die bokant van die glas pleks van teen die kant om dit moeiliker te maak vir enigiemand om iets in te glip sonder dat jy dit sien.
– Kies ’n onoopgemaakte bottel drank of blikkies eerder as ’n glas drank.
– Vermy om drankies te drink op ’n plek waar jy nie bewus is van wat om jou aangaan nie soos in ’n skemer plek.
– Vertrou jou instink en moenie iets drink as jy onrustig voel nie.
– As jy moeg, duiselig, naar, swak of baie dronk voel, verlaat onmiddellik die kroeg of restaurant, bel ’n vriend of ontbied ’n mbulans indien nodig.
– Kyk vir ooglopende tekens dat met jou drankie gepeuter is. Is jou drankie verskuif van waar jy dit neergesit het? Is die strooitjie uitgehaal of is die drankie minder of meer vloeibaar? Borrel dit of het dit ? ander kleur of reuk?
– Gaan in groepe uit na ? kroeg en selfs as jy saam ander op ’n afspraak is, maak seker jy ken hulle goed..

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

9 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

20 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.