kategorieë: Dra dit soWenkeMode

Pas jou bra reg?

Wanneer laas het jy ’n bra-passing gehad? Daag jouself uit: Gaan na jou onderklere-laai, haal jou gunsteling bras uit, kyk met ’n eerlike blik daarna, pas dit aan en vra jouself die volgende vrae:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Is die elastisiteit ferm en styf?
2 Is die ondersteunende drade stewig in plek, nie gebuig nie en steek nie deur die materiaal nie?
3 Hou die bra sy vorm?
4 Laat dit my borste goed lyk?
5 Is dit mooi?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dalk is dit tyd vir ’n nuwe bra!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Niks kan ’n behoorlike passing met ’n ervare konsultant vervang nie, maar as jy van die rak af gaan koop, moet jy gewapen wees met ’n paar wenke om jou te help om die beste keuse te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is vyf wenke vir die perfekte bra:

1 Omtrek van jou bolyf

Die eerste meting moet onder die borste en rondom die bolyf gemaak word om die grootte van die onderband te bepaal. Bv. 32, 34, 36 of 38. Die onderband moet gemaklik pas vanaf die borsbeen reg rondom die liggaam en in die middel van die rug vasgegespe word. As die bra aan die agterkant begin opkruip, is dit ’n teken dat die onderband te groot is. Dit het jou dalk eens gepas, maar jou bra is moontlik so uitgerek dat die elastiese deel rekmerke het. Jy weet wat jy moet doen, gooi weg!

2 Die perfekte koppie grootte

Die afmetings oor die bors en die verskil tussen dit en die onderband meting is ’n komplekse formule wat die koppie grootte bepaal, naamlik A, B, C, D, E. Op is ‘n nasie met groot borste, maar daar is ’n bra vir almal.

Wenke vir die perfekte pas: met jou bra aan, vou jou hand om jou bors en bring dit na binne om knus binne die bra te pas. Lig jou arms en maak seker jou borste skuif nie onder die draad uit nie – as hulle dit doen, is dit die verkeerde grootte.

3 Die drade

Die onderdrade moet die twee borste skei en teen die vel knus om die borsbeen vou in die rigting van die oksels. Dit is belangrik dat die draad nie te hoog in die oksel sit en die vel aan die kant van die bors knyp nie. Korter vroue kla dikwels dat die drade hulle aan die voorkant of kant steek en die oplossing is om ’n kleiner koppie-grootte te kies met ’n korter draad. Enige vlesige dele van die bors wat onder die arm ontsnap, moet stewig in die koppie gehou word vir ’n aangename silhoeët.

4 Die bandjies

Jy dink waarskynlik dat brabandjies die bra ophou, maar dit is daar om stabiliteit te gee. As jou brabande in jou skouers insny, is dit ’n teken dat die onderband te groot is en die bande alleen jou borste ophou. As die bande voortdurend van jou skouers afgly, kan hulle te wyd gestel wees vir jou smal skouers. Dit is als tekens dat jy vir ’n behoorlike pas moet gaan want jy dra nie die regte grootte bra nie.

5 Vermy die vier-bors-effek

As jou borste bo by die koppies uitpeul en die soort cleavage skep wat geen klere in toom kan hou nie, het jy óf gewig opgetel of die bra is te klein. Jy het twee keuses; verloor gewig óf kies ’n groter koppie.

Gevolge van ’n bra wat swak pas

Daar is talle gesondheidrisiko’s wat verband hou met ’n bra wat swak pas. Dit kan ’n verrassing vir baie vroue wees. Rugpyn, benoude asemhaling, swak sirkulasie en stremming op die spiere is ’n paar voorbeelde. Om dit reg te kry is nie so maklik nie, veral as jy dink dat bras slegs in groottes van 32-44 kom en die koppies se keuses van A tot H is. Dit beteken ’n moontlike 56 opsies per bra. Kan jy jou indink watter voorraad ’n lingerie-winkel sal moet hê om aan elke kliënt se behoeftes te voorsien!

Lees ook: Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.