kategorieë: Ons menseBekendes

‘Die Byl’ se sesde seisoen is om die draai!

Die misdaadreeks Die Byl maak geskiedenis met sy sesde seisoen, wat in Januarie 2025 begin. Dié seisoen maak dit die dramareeks met die meeste seisoene in kykNET se geskiedenis. Reeksmoordenaars bly ’n uitdaging vir Byl en sy span, en dié keer is daar ’n meedoënlose moordenaar wat vasberade is om hulle hel op aarde te gee. Dít terwyl Byl en sy span ook met hul eie menslikheid worstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Byl (Waldemar Schultz) lei steeds die eenheid, ondersteun deur die speurders Juan (Marvin Lee Beukes) en Lena (Lika Berning), die regskenner Nicki (Milan Murray) en Jo (Amalia Uys), ’n voormalige sluipmoordenaar wat nou as wapenkenner ingespan word. Kaptein William Miller (Tyrone Keogh) is ’n profileerder, en Dr. Anton Fourie (Marcel van Heerden) is ’n pataloog wat in seisoen vyf by die span aangesluit het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nuwe karakters by die reeks sluit in: Eliaan Slee (Melissa Willering) is klein en tengerig, maar hiper-intelligent, Dr. Elize Opperman (Roeline Daneel) is ’n ambisieuse wetenskaplike, en Daniël Weyers (Sherman Pharo) is ’n oud-polisieman en Dr. Opperman se handlanger.

Ander karakters wat weer deel van die intrige is, sluit in Benjamin Vlok (Danny Ross), die webontwikkelaar Stephen (Sean van Noordwyk) en kapt. Tarina Spies (Ronel Stander), wat bitter graag ’n lid van Byl se span wil word. Van die bekende gesigte in die nuwe reeks is Melanie du Bois, Hannes van Wyk, Pascual Wakefield, Antoinette Louw, Rika Sennett, Geon Nel, Cedwyn Joel, Carel Nel en die legendariese akteurspaar Johan en Lida Botha.

In die eerste episode word twee lyke op verskillende plekke gevind, maar albei met ’n hopie uitgebrande vuurhoutjies langs hulle. Dit is die begin van die soektog na ’n reeksmoordenaar wat ’n grusame kruistog in die naam van geregtigheid voer. Van die ander sake wat ondersoek word, draai om ’n oupa wat sy kleinseun afknou en ’n bekende skrywer met ’n donker geheim.

Die reeks – oorspronklik ontwikkel deur ontslape Herman Binge en Elmarie Botha, waarna wyle Leon Kruger in die tweede seisoen as hoofskrywer aanboord gekom het – se meer nuutste seisoen is geskryf deur Elmarie Botha, Berdene Burger en Lorraine Burger. Die regie is behartig deur Berdene Burger, Liezl Spies en Nina Swart. Jay Marais is die kinematograaf, en Juan Kindo is vir die klankontwerp verantwoordelik. Mary-Sue Morris is hoof van garderobe, en Stefan Benade is die produksie-ontwerper. Sulani Saayman is verantwoordelik vir die grimering asook die SFX-grimering.

“Die sesde seisoen van Die Byl beloof om die mees intense en spannende een nog te wees,” sê Elmarie Botha, storiebeplanner en vervaardiger van die reeks vir Wolflight Films.

“Ek sien verskriklik baie uit na die opkomende reeks van Die Byl! Ek dink hierdie een gaan kykers beslis deur skrefies tussen hulle vingers laat kyk! Ek is ook so trots om met ’n fantastiese span medespelers en produksiespan te kon werk om nóg ’n seisoen van spannende episodes te skep. Ons werk altyd met soveel ywer en passie om stories te vertel en die uiteinde is altyd dat kykers dit sal geniet,” sê Waldemar Schultz.

’n Kombinasie van komplekse karakters, skokkende misdade en emosioneel meesleurende storielyne sal kykers op die punte van hul stoele hou. Die vuurhoutjies wat in die eerste episode as simbool bekendgestel word, dien as ’n metafoor vir die broosheid van die lewe en die dun lyn tussen geregtigheid en wraak.

Met nuwe tegnologie en ’n groter begroting, beloof die sesde seisoen om kykers met asemrowende kinematografie en uitnemende klankontwerp te betower. Die SFX-grimering, verfilmingslokasies en stelontwerpe, was kardinaal tot die sukses en geloofwaardigheid van die reeks, wat dit weereens van die hoogste gehalte maak.

KYK | Amptelike voorskou – Die Byl | Seisoen 6

Die Byl se sesde seisoen begin op 14 Januarie 2025 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Desember-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

15 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

3 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

3 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.