kategorieë: Reis

Park met ’n dorp

Die unieke ligging van die Camdeboo Nasionale Park is miskien die mees uitstaande kenmerk. Dit omring die dorp Graaff-Reinet met sy natuurskoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die parkbestuur beplan om die park en gebied te integreer om verhoudings te bou met belanghebbendes en ook om die leefstyl van plaaslike mense te ontwikkel. Hulle wil ook waardering vir die erfenisidentiteit van Graaff-Reinet en die skilderagtige landskap aanmoedig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ten einde dit te bereik, beplan die bestuur ’n aantal opwindende inisiatiewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die toerisme-band tussen Graaff Reinet en Camdeboo is goed gedefinieer deur sportbyeenkomste in die dorp wat die park kan bevoordeel.

Gevolglik het die bestuur ’n strategie om die park te bemark in samewerking met wat die dorp aanbied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die herstel van die historiese Winterhoek-opstal as ’n oornagplek met drie-suite gastekamers sal die vennootskap met die Suid-Afrikaanse Kollege vir Toerisme bou deur die verskaffing van ’n geleentheid vir sy studente om ’n jaar praktiese opleiding te voltooi. Daarbenewens is daar geleenthede vir interns by ontvangs.

Daar sal ook fondse ingesamel word vir die vestiging van ’n akademie vir spoorsnyers vir die wild-gebaseerde toerismebedryf.

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke wil ook sosiaal belê in Graaff-Reinet.

Die park is betrokke by Nqweba Fish Co-op, ’n loodsprojek om die oes van baber volhoubaar te maak in die Nqweba Dam.
Daar is ook ? ontwikkeling van ’n kleinsakeonderneming in vennootskap met Siyaziphuhliza om groente-saailinge by ’n kwekery in die park te kweek vir verkoop aan die plaaslike tuiniers.

Daar is ook ? onlangse uitbreiding van die hengel area van die Nqweba Dam in ’n sone vir die uitsluitlike gebruik van die lede van die Camdeboo Hengel klub. Dit is die resultaat van pro-aktiewe betrokkenheid by hierdie groep belanghebbendes.

Permitte is ook aan plaaslike entrepreneurs uitgereik vir die ontwikkel ’n vlieghengel-visvangonderneming by die Nqweba Dam, sowel as die gebruik van ’n bootvaart.

Onlangs is ’n projek geloods om te bereken wat die impak van Camdeboo Nasionale Park se uitgawes op die ekonomie van die distrik is.

Die bevindinge toon die park genereer ’n direkte ekonomiese impak van ongeveer R15 miljoen se nuwe sake-verkope.
Die program van armoedeverligting in die park sluit in ’n Werk vir Water-projek wat daarop gemik is om die verwydering van indringerplante (hoofsaaklik turksvy en tamarisk) te bevorder. Daar is ook ’n Werk vir Grond projek wat gerig is op die rehabilitasie van verweerde habitatte.

Hierdie projekte gebruik ses kontrakteurs en verskaf werk aan 78 bevoordeeldes.

Hierdie verhouding tussen ’n beskermde gebied en ’n groeiende bevolking van 37 000 mense op sy grense gee aan die Camdeboo Nasionale Park ’n unieke posisie in die netwerk van beskermde gebiede van die Oos-Kaap.

Die park bied baie geleenthede en uitdagings en baie kan geleer word uit ’n gemeenskaplike strategie om te integreer met die dorp en omliggende plattelandse gemeenskappe om ’n ekonomies lewenskragtige, lewensvatbare en omgewingsvriendelike verantwoordelike entiteit te vorm.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

34 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

47 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.