kategorieë: Bekendes

Paralimpiese spele vir Emily Gray, Lucas Sithole

*Hierdie artikel het in die November 2014-uitgawe van rooi rose verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Emily Gray: Paralimpiese swemmer

Emily Gray is prentjiemooi en op 23 in die fleur van haar lewe. Eers wanneer sy beweeg, sien jy sy loop met ’n kruk en dat haar een been styf is. Nie vanweë ’n besering nie, maar weens ’n amputasie in haar heup.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy was maar elf toe die spesialis vir haar ouers die nuus gee dat die osteosarkoma (’n soort kanker) in haar bobeen nie op die vier maande lange chemoterapie reageer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die keuse was óf ’n heupvervanging en nuwe chemo – wat dalk ook nie sou werk nie – óf ’n amputasie wat waarskynlik die kanker sou verwyder en moontlike verspreiding keer. Ek was so siek en swak dat ’n amputasie my die beste kans op oorlewing gegee het.

“Die tydperk ná die amputasie is vir my ’n bietjie in ’n waas. Ek het dag vir dag geleef sonder om vorentoe of terug te kyk. My ouers en drie ouer susters was geweldig ondersteunend en sterk en dit het my gedwing om ook sterk te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Daar was maar baie trane agter geslote deure,” vertel Lucinda Boddy, haar suster wat die maatskappy besit wat Emily se bemarking behartig. En my ma sê sy het oornag grys geword!”

Tog was haar gesin se ondersteuning haar behoud.

“My pa het al die hare op sy lyf afgeskeer toe myne weens die chemo uitgeval het en hy is ook die dryfkrag agter my sportloopbaan. (Hy is ook nou haar bestuurder.) Kort ná ek uit die hospitaal gekom het, het hy my na die Mandeville-sportsentrum vir gestremdes in Bezuidenhoutvallei geneem waar ek verskeie sportsoorte probeer het. Mandeville het my ook geleer om dankbaar te wees vir wat ek het.

“Swem het my die beste gepas, want in die water het ek vry gevoel en van my gestremdheid vergeet. Nou laat swem my op ’n gelyke vlak met nie-gestremdes voel. Sommige dae swem ek
selfs vinniger as my normale spanmaats. Dis vir my ’n groot motivering.”

Op 16 was Emily die jongste deelnemer in die gestremde span wat in Beijing deelgeneem het, en sy het ook aan die Spele in Londen deelgeneem.

Wat kry haar elke oggend uit die bed vir haar swemsessie van twee uur saam met Tuks se swemspan?

“Ek weet hoe vinnig die tyd omgaan en die Olimpiese Spele in Rio in 2016 is my groot mikpunt. Ons hoor eers twee maande voor die tyd wie in die span is en daarom oefen jy asof jy gekies is.”

Sy swem 16 uur per week, en doen ook drie uur pilates en twee uur gimwerk.

Maar swem is nie haar enigste droom nie. Sy studeer sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, maar wil graag medies studeer en ook probeer roei.

“Ná Rio sal ek weer my lewe beplan.”

Emily sê haar gestremdheid frustreer haar soms.

“Ek kan maklik val op trappe en dan is dit nie so maklik om weer op te kom nie. Maar ek besef ook dat elke mens sy eie stryd het. Sommige mense is dalk negatief en dit het geestelike grense. My beperking is net sigbaar.

“Jy kan dalk nie dadelik verstaan hoekom iets gebeur nie, maar wanneer jy veel later terugkyk, sien jy die goeie wat daaruit gekom het. My amputasie is as ’t ware ’n blessing in disguise.

“Die grootste beperking van ’n gestremdheid lê in jou kop. As jý dit groot maak, sal dit groot wees. Ek onthou hoe ek op die Olimpiese Spele in Londen na ’n Chinese deelnemer gekyk het wat nie arms het nie, maar met sy voete eet. Dit laat jou nederig voel en besef hoeveel jy het om voor dankbaar te wees.”

Lees ook meer oor Emily Gray se inspirerende verhaal hier.

Lucas Sithole: rolstoeltennis-kampioen

Lucas Sithole het as kind baie van sport gehou, maar op twaalf het hy onder ’n bewegende trein beland en albei sy bene en die helfte van sy regterarm verloor.

Maar Lucas sit nie oor die lewe en tob nie.

“Ek het nooit tyd gehad om vir myself jammer te wees nie. Dit is my lewe dié en ek moet dit voluit leef. Ek dink ek was van kleins af positief, en ek het baie gou besef niks gaan verander nie en dat ek ’n manier moet kry om met my lewe aan te gaan. Gelukkig het my ma deur die gemeenskap van Dannhauser, waar ons gebly het, hulp gekry en ek is na ’n spesiale skool vir gestremdes gestuur – eers Bumbisiswe Skool op Newcastle en toe die Sekondêre Skool Filadelfia in Soshanguve.

“Dit was die beste besluit, want toe was ek tussen ander kinders met liggaamlike gestremdhede. My gebrek het my nie meer ‘anders’ laat voel nie.

“Daar was baie geleenthede op sportgebied en ek het rolstoelkorfbal en rolstoelrugby op nasionale vlak gespeel. Mense besef nie altyd hoe belangrik sport vir gestremdes is nie. Eerstens is dit nodig om jou spiere te versterk om jou met postuur te help en as my liggaam sterk is, voel my gees ook sterk.”

Uiteindelik het rolstoeltennis sy hart gewen.

“Ek hou van tennis, want dis ’n individuele sport. Omdat ek so jonk uit die huis is, moes ek baie gou leer om alleen reg te kom. Ek is gemaklik met alleenheid.

“Rolstoeltennis bied baie uitdagings, maar as jy baie van iets hou, hou jy aan tot dit vir jou werk. Ek het ook nie gewag dat die afrigter opdaag nie. Ek het lang ure alleen geoefen.”

En dit het toewyding, geduld en harde werk geverg om goed te wees.

“Ek het in 2005 begin speel en was in 2006 die SA kampioen en het aan my eerste internasionale toernooi in Amsterdam deelgeneem. Toe ek terugkom, het ek besluit om op tennis te fokus en in 2008 het ek professioneel begin speel.

Suid-Afrika is ’n wêreldleier in rolstoeltennis en het tans 65 spelers wat by die Internasionale Tennisfederasie geregistreer is – die tweede meeste ter wêreld. “Ons het baie goeie juniors en ons seniors mentor en rig die jonges af.”

In sy vrye tyd is Lucas ’n musikant wat saam met vier van sy nefies en jonger broer die groep, Amathalente Amahle (beautiful talents), begin het. “Ons maak tradisionele Zoeloemusiek en het verlede jaar ’n CD, Ngidla Usizi, uitgegee.”

Dink hy ooit terug en wonder hoe sy lewe sou wees as hy nie onder die trein beland het nie?

“Ek kyk nooit terug nie. Dít is wie ek is. Rolstoeltennis het my soveel geleenthede gebied om die wêreld te sien en te reis. Ek voel gelukkig.”

Lucas het die Amerikaanse Ope in 2013 gewen en het by die 2014-toernooi in September derde geëindig. “My doelwit is om nommer een te wees. Maar as ek verloor, is dit ’n geleentheid om te leer, my spel te ontleed en te sien waar ek kan verbeter. ’n Nederlaag motiveer my om beter te wees.”

En dis hierdie honger om die beste te wees wat hom daagliks dryf.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

19 hours Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

19 hours Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

19 hours Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

19 hours Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.