Ernst van Dyk (43), ’n ou bekende in die wêreld van handfietsry en Paralimpiese spele, het gister eerste geeïndig in die padwedren vir handfietse (H5). Dit is vanjaar sy sewende en laaste Spele. Van Dyk het saam met Alessandro (Alex) Zanardi van Italië en die Nederlander Jetse Plat oor die wenstreep gery (in ’n tyd van 1:37:49), maar omdat van Dyk se voorwiel eerste oor die wenstreep is, is hy as die wenner gekroon.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Op dieselfde dag, en gedurende dieselfde 30 minute, het die spiesgooier Reinhardt Hamman ook ’n goue medalje gewen! Hamman se gooi van 50.96 m in die spiesgooi vir mans (F38) is ’n nuwe Suid-Afrikaanse én Afrika-rekord. Colombia se Luis Fernando Lucumi Villegas was tweede met sy gooi van 49.19 m terwyl Javad Hardani van Irak die bronsmedalje verseker het met ’n gooi van 48.46 m.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Suid-Afrika het nou 11 medaljes in totaal by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio.
Lees ook: Paralimpiese Spele: 9de medalje vir SA
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: 14-jarige van SA wen in Rio
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.