Die swemmer Kevin Paul het SA se eerste goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen. Hy was eerste in die 100 m-borsslag vir mans (SB9) met ’n tyd van 1:04,86.
SA se tweede goue medalje is deur die verspringer Hilton Langenhoven (33) gewen met ’n sprong van 7.07 m in die verspring vir mans (T13).
Langenhoven is vroeër die week gediskwalifiseer toe hy in die halfeindronde van die 400 m vir mans (T13) buite sy baan gehardloop het. Die verspring-goud het egter sy gemoed vinnig gelig. Dit is ook sy vierde goue medalje in sy Paralimpiese loopbaan.
Die naelloper Charl du Toit het sy eie wêreldrekord reeds in die uitdunronde in die 100 m vir mans (T37) gebreek in ’n tyd van 11.42 sekondes.
du Toit hardloop sal vanmiddag (SA-tyd) saam met Fanie van der Merwe in die finale ronde van die 100 m vir mans (T37) te staan kom.
Hou ons webblad dop vir nog nuus oor die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro.