Bestanddele
Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep verdubbel om ’n lekker hoë koek te bak.
- 400 ml koekmeel
- 12,5 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 250 g sagte botter
- 300 ml strooisuiker
- 6 groot eiers, geskei
- 10 ml vanielje
- 1 ml amandelgeursel
- 250 ml suurroom
- 75 ml papawersaad
Suurlemoenstroop
- Meng 100 ml kookwater, 50 ml suiker, 7 ml suurlemoensap en die gerasperde skil van 1 suurlemoen.
Versiersel
- Room 120 g botter, 240 g roomkaas en 600 g versiersuiker tot sag en smeerbaar.
- Roer 50 ml suurlemoensmeer (<em>lemon curd</em>) by en versier die koek tussenin en bo-op daarmee.
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit twee 20 cm- koekpanne met kleefwerende kossproei.
- Sif al die droë bestanddele saam in ’n groot mengbak.
- Klop die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot lig en romerig. Voeg die geurmiddels by.
- Meng die eiergele een vir een by die bottermengsel in.
- Meng die droë bestanddele om die beurt met die suurroom by die eiermengsel in.
- Klop die eierwitte in ’n ander bak tot sagtepuntstadium en vou versigtig by die deegmengsel in.
- Gooi dit eweredig in albei pannetjies en bak vir 25-30 min.
- Laat staan vir 15 min. in die panne en keer uit.
- Gooi die warm suurlemoenstroop oor en sit vir ’n uur in die vrieskas sodat dit nie krummel wanneer die koek versier word nie.
- Smeer die versiersel tussen elke laag en bo-op die koek.