Dis die eerste keer dat Pantone besluit om twee kleure die kollig te deel en hoewel beide Serenity (’n vaal blou) en Rose Quartz (’n dowwe pienk) in sterk kontras met 2015 se kleur van die jaar, Marsala (’n diep rooi) staan, is dit ’n verfrissende verandering.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dié kombinasie is spesifiek gekies met die menslike psige in gedagte en poog om die ontwikkelende gier van “geslagsamesmelting” te reflekteer. Boonop verander dit ook hoe ons tradisionele kleurkombinasies benader.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Met die geheel wat groter as sy individuele parte is, demonstreer die samevoeging van Serenity en Rose Quarts dat ’n inherente balans tussen ’n warmer rooskleur en ’n kouer blou ’n kalmerende gevoel van orde en vrede skep,” sê Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van die Pantone Kleur Instituut, oor vanjaar se kleurkombinasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dit is dus nie net sag op die oog nie, maar nooi jou ook om harmonie en rustigheid te vind. Ons kan nie aan ’n beter manier dink om 2016 te betree nie!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Voëls Ons kouse met ’n voëltema het van ryk kleure en teksture tot…
Simoné Pretorius is weer swanger, en in die wolke daaroor! Die 34-jarige aktrise het…
Genoeg vir 4. Bestanddele 10 ml (2 t) elk olie en botter 1…
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.