Pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous
Pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous
Ingredients
• 1 baksel basiese pannekoek (resep: Pannekoek met kaneelsuiker)
Gesoute karamelsous
• 200 g sagte bruinsuiker
• 60 ml kokende water
• 80 ml dubbeldikroom
• 50 g botter, in blokkies gesny
• 2,5 ml seesoutvlokkies, soos Maldon
Karamellemoene
• 3 lemoene, in 1 cm-skywe gesny
• 45 g botter
• 45 g sagte bruinsuiker
Instructions
Sous 1 Gooi die suiker en warm water in ’n groot kastrol en verhit stadig oor lae hitte. 2 Roer die suikerwater maar hou dadelik op sodra die suiker gesmelt is. 3 Verhoog die hitte effens en laat liggies prut tot donkergoud. 4 Trek die kastrol van die hitte af en klop die room en botter vinnig maar versigtig by tot glad. 5 Klop laastens die sout by. Laat afkoel.
Lemoene 1 Smelt die botter en suiker in ’n pan oor lae hitte. 2 Pak die lemoenskywe in ’n enkellaag in die pan en braai tot gekaramelliseer. 3 Draai die skywe van tyd tot tyd om sodat hulle oraloor karamelliseer. 4 Sit die warm pannekoeke met die toffiesous en lemoenskywe voor.