Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Basiese pannekoek
• 6 eiers
• 2 eiergele
• 60 ml strooisuiker
• 125 g botter, gesmelt
• 1 liter melk
• 450 g (3 k) koekmeel
• olie vir braai
• meng 125 ml suiker en 30 ml (2 e) kaneel vir die kaneelsuiker-bolaag
Instructions
1 Klits die eiers, eiergele, suiker en gesmelte botter saam. 2 Verhit die melk tot net warm. 3 Sif die meel in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel. 4 Roer die eiermengsel deur en voeg die warm melk by. Meng met ’n draadklopper tot glad. Laat rus vir minstens ’n uur. 5 Verf ’n verhitte kleefpan met ’n bietjie olie. 6 Gooi 60 ml beslag op ’n slag in die pan en braai aan albei kante tot goudkleurig. 7 Strooi kaneelsuiker oor die warm pannekoek en eet dadelik.