4 k water, 3 k meel, 2 eiers, 1 t sout en 1 t bakpoeier
4 k (1 liter) louwarm water
3 k (375 g) meel, gesif
2 eiers
1 t (5 ml) sout
1 t (5 ml) bakpoeier
125 ml (½k) olie vir die bakslag
Speserysuiker
500 ml (2 k) suiker
4 heel kaneelstokkies
2 peule steranys
1 vanieljepeul
Sitrussuiker
500 ml (2 k) suiker
gedroogde skil van 2 lemoene
Instructions
Klits die water en eiers met ’n elektriese of handklitser tot lig en skuimerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam en voeg by die eiers terwyl jy deurentyd klits tot dit weer skuimerig is.
Laat staan die mengsel vir 30 min. met ’n lappie bo-oor.
Verhit minstens twee pannetjies en smeer met olie. Gooi sowat ’n ½k deeg in elke pannetjie en draai die pan sodat die deeg oor die boom versprei. Draai die pannekoek om as daar lugborrels op die oppervlak sigbaar word. Bak die anderkant tot goudbruin.
Haal die pannekoek uit, strooi gegeurde suiker oor en rol op.
Maal die suiker en geurmiddels in ’n voedselverwerker. Sif die suiker om van die harde dele te verwyder. Strooi oor die pannekoeke terwyl hulle nog warm is.