1,5 kg pampoen, geskil en in blokke gesnyKaramelsous
1 e (15 m) olyfolie
½ k (125 ml) bruinsuiker
225 g botter
1 k (250 ml) bruinsuiker
3 eiers
1 k (250 ml) karringmelk
2 e (30 ml) brandewyn
2 k (500 ml) koekmeel
1 t (5 ml) bakpoeier
½ t (2,5 ml) sout
Instructions
Verhit die oond tot 200 ˚C. Pak al die pampoen op ’n groot oondpan uit en geur liggies met sout. Sprinkel die olyfolie oor en rooster vir sowat 45 min. of tot sag en gaar. Meet 2 k (500 ml) gaar pampoen vir die poeding af en laat afkoel.
Skep die res van die geroosterde pampoen in ’n nat moeseliendoek. Vou die punte van die doek bymekaar, draai met jou hande en pars die vloeistof in ’n bak uit - jy het sowat 375 ml nodig, so hou aan draai en druk tot jy genoeg het.
Gooi dié vloeistof en halfkoppie bruinsuiker in ’n kastrol. Verhit die mengsel oor lae hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Laat prut vir 10 min. of tot die sous effens verdik tot stroperig maar nie taai nie.
Poedinkies: Verwerk die 500 ml afgekoelde pampoen in ’n voedselverwerker tot glad.
Verlaag die oondtemperatuur tot 160 ˚C. Spuit ’n kolwyntjiepannetjie (of vorm van jou keuse) met ’n deursnee van sowat 8 cm met kleefwerende kossproei.
Room die botter en koppie suiker met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
Voeg die eiers een vir een by terwyl jy deurentyd meng.
Voeg die karringmelk en brandewyn by en klits tot goed ingemeng. Sif die meel en bakpoeier by en meng goed. Voeg die fyngemaakte pampoen by en meng goed
Gooi die deeg in die pannetjies en bak vir 35-40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en keer uit. Sit met die warm karamelsous voor.