• 1 kg pampoen, geskil en in blokkies gesny, of 2 k pampoenpuree
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 6-7 takkies vars tiemie
• sout en gemaalde swartpeper
• 3 eiers, geklits
• 180 ml (¾ k) bruismeel
• ’n knypie sout
• 160 ml (²⁄ ³k) gerasperde parmesaan
• gerasperde skil van 2 lemoene
• vars gerasperde neutmuskaat
• 100 g botter
• 30 ml (2 e) vars roosmarynblare
• 2 x 5 cm lemoenskil
• 100 g (1 pakkie) okkerneute, skilletjies verwyder en ruweg gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Instructions
Sit die pampoen op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie, tiemie, sout en peper oor en rooster vir ’n uur tot goudbruin en sag. Maak die pampoen met ’n vurk fyn (jy het 2 k fyn pampoen nodig). Laat afkoel.
Voeg die eiers by die pampoen en meng goed. Sif die bruismeel by en voeg die parmesaan, lemoenskil en neutmuskaat by.
Verhit ’n kleefwerende pan. Bak eetlepels vol van die beslag vir 1-2 min. Draai om sodra daar borrels op die oppervlak verskyn en braai vinnig aan die ander kant. Hou warm.
Verhit die botter vir 3-4 min. in ’n klein kastrol oor lae hitte tot dit begin bruin word. Voeg die roosmaryn, lemoenskil en okkerneute by en braai heeltemal bruin voor jy dit oor die pampoenkoekies gooi. Dien op met lepels vol crème fraîche.