Genoeg vir 4
• 500 ml (2 k) gaar pampoen, fyn gedruk
• 1 eier, geklop
• 30 ml (2 e) koekmeel
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• knypie sout
• olyf- of avokado-olie
Okkerneut-bruinbotter
• 125 ml (½ k) botter
• 100 g (1 pakkie) okkerneute, liggies gerooster
Vir opdiening
• hand vol roketblare
• parmesaankrulle
1 Meng die pampoen, eier, koekmeel, bakpoeier en sout.
2 Verhit genoeg olie in ’n groot pan oor matige hitte en skep eetlepels vol van die mengsel in die pan. Braai vir sowat 5 min. aan elke kant of tot goudbruin en gaar. Voeg nog meel by as die koekies moeilik braai.
3 Sit die koekies op 4 dienborde. Smelt die botter oor matige hitte tot bruin en met ’n neuterige aroma. Gooi oor die pampoenkoekies.
4 Kap die okkerneute en strooi oor die pampoenkoekies. Dien op met roketblare en parmesaankrulle.