Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
1,5 kg lamsvleis (soos boudtjops), in blokke gesny
sout en gemaalde swartpeper
2 groot uie, oorlangs gesny
500 g pampoenblokke
250 ml (1 k) water
1 groen brandrissie, fyn gekap met pitte
3 naeltjies
1 kaneelstokkie
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) botter
Pampoenwiggies
500 g (sowat 8) dun pampoenwiggies met die skil aan
30 ml (2 e) heuning
30 ml (2 e) olyf- of avokadoolie
sout en gemaalde swartpeper
hand vol pietersielie, gekap
Instructions
1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte en braai die vleis daarin tot goudbruin. Geur na smaak. 2. Voeg die uie by en braai vir 5 min. Tot sag en bruin. Meng die helfte van die pampoen en water by. Verlaag die temperatuur, bedek en prut vir 30 min. 3. Voeg die brandrissie, naeltjies, kaneel, suiker en botter by en prut vir 30 min. tot ’n uur of tot die vleis sag is. Geur na smaak. 4. Voorverhit die oond tot 200 °C. 5. PAMPOENWIGGIES: Sit die pampoen in ’n oondpan en drup die heuning en olie oor. Geur na smaak en bak vir 30 min. Tot gekaramelliseer en gaar. 6. Meng die pampoenwiggies en die pietersielie deur die bredie en bedien.