RESEP: Pampoenbredie
Pampoenbredie
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
- 1,5 kg lamsvleis (soos boudtjops), in blokke gesny
- sout en gemaalde swartpeper
- 2 groot uie, oorlangs gesny
- 500 g pampoenblokke
- 250 ml (1 k) water
- 1 groen brandrissie, fyn gekap met pitte
- 3 naeltjies
- 1 kaneelstokkie
- 15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
- 30 ml (2 e) botter
- Pampoenwiggies
- 500 g (sowat 8) dun pampoenwiggies met die skil aan
- 30 ml (2 e) heuning
- 30 ml (2 e) olyf- of avokadoolie
- sout en gemaalde swartpeper
- hand vol pietersielie, gekap
Instructions
1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte en braai die vleis daarin tot goudbruin. Geur na smaak.
2. Voeg die uie by en braai vir 5 min. Tot sag en bruin. Meng die helfte van die pampoen en water by. Verlaag die temperatuur, bedek en prut vir 30 min.
3. Voeg die brandrissie, naeltjies, kaneel, suiker en botter by en prut vir 30 min. tot ’n uur of tot die vleis sag is. Geur na smaak.
4. Voorverhit die oond tot 200 °C.
5. PAMPOENWIGGIES: Sit die pampoen in ’n oondpan en drup die heuning en olie oor. Geur na smaak en bak vir 30 min. Tot gekaramelliseer en gaar.
6. Meng die pampoenwiggies en die pietersielie deur die bredie en bedien.
Lees ook:
Rooi Rose
Lees Meer
Lamskenkel-en-waterblommetjie-bredie
22/11/2024
Romerige wildesampioen-risotto
30/08/2024
Klam pampoenbrood
12/08/2024