kategorieë: Kos

Die gesondheidsvoordele van pampoen

Pampoen is ’n wenner in die wintermaande wanneer ons toustaan vir vertroostende soppe en bredies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

– Die veelsydige vrug (ja, dis nie ’n groente nie) se goudgeel vlees kan gekook, gestoom, gebak of gerooster word en in pastei, kerrie, sop en selfs in brood, koek of ander gebak gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

– Vul pampoene met ’n heerlike mengsel van bruinrys en neute, of gebruik pampoen as ’n vulsel vir pasta soos ravioli en gnocci.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

– Onryp pampoen kan op dieselfde manier as murgpampoentjies geëet word.

– Geroosterde pampoenpitte met speserye is ’n gesonde snoephappie, of kan oor slaaie gestrooi word. Selfs pampoenblomme word geëet en in Frankryk is dit fynkos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

– Die helder oranjegeel kleur van pampoen is ’n teken dat dit propvol betakaroteen, ’n kragtige antioksidant, is. Betakaroteen word in die liggaam omgeskakel in vitamien A wat veral ’n belangrike rol speel in goeie sig.

– Pampoen is ook ryk aan vitamien C, magnesium, kalsium en kalium.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

1 hour Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

3 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

3 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

3 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.