1 Meng die koekmeel, suiker, gemengde speserye, kitsgis en sout in die bak van ’n elektriese menger met die deeghaak aan. Meng die botter, karringmelk, pampoenpuree en eier in ’n groot maatbeker of middelslag-mengbak. Gooi by die meel in die masjien en meng tot glad en elasties.Pampoen-en-kaneel-rolletjies
Ingredients
Instructions
2 Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel die grootte.
3 Verhit die oond tot 180 °C. Voer 2 groot kolwyntjiepanne met 6 holtes elk met bakpapier uit.
4 Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak in ’n reghoek van sowat 30 cm x 40 cm uit met die lang kant horisontaal voor jou.
5 Smeer die botter op die deeg. Meng die bruinsuiker en kaneel en strooi eweredig oor die deeg. Rol die gevulde deeg in ’n lang rol op. Sny die rol in 12 ewe groot stukke. Sit ’n stukkie deeg in elk van die holtes van die kolwyntjiepanne. Laat die rolletjies vir 30 min. rys.
6 Bak vir 25-30 min. tot goudkleurig en gaar. Sit warm voor saam met lekker sterk espresso.