Hou ’n pamperlangdag met jou vriendinne deur Suzanne Kotzé & Corné Greeff. Hooffoto: Lindie Kriek
Spa in ’n fles
Maak vir elke gas ’n fles met al hul spabenodighede in. Kies kleiner produkte wat maklik in die fles sal pas.
In ons fles
- Cettua Anti-Redness Face Mask (R35,95)
- Kalahari Spa Nourishing Nail Oil (R81)
- essence Tropical Hand Mousse (R54,95)
- Sorbet Pedicare 4-in-1 Pedi Kit in Pomegranate (R79,99 beskikbaar by Clicks) bevat alles wat jy nodig het: ’n Mengsel wat jy in die water gooi waarin jy jou voete week, ’n voetmasker, ’n voetafskilferaar én ’n voetroom!
- Clicks Beauty essentials foot-shaped pedi file (R24,95)
- UBU Emery tipped cuticle sticks 8 pack (R61,99 by Clicks)
- Clicks beauty essentials emery board fine grit (R11,95)
Lees ook: Maak só gereed vir daardie spesiale afspraak
Laai die Spa-in-’n-Fles-plakker hier af en druk dit op plakkerpapier uit. Knip dit uit en plak dit op die fles.
Draai die naelkleurwiel
Hier is ’n prettige manier om jou vriendinne te oortuig om ’n nuwe naelkleur te probeer.
Laai die naelkeurwiel hier af en druk dit op ’n A3-papier uit. Pak verskillende skakerings naelverf uit om by die skakerings van die kleurwiel te pas.
Lees ook: Wenke vir sagter, soenbare lippe
Omskep jou tuin in ’n Boheemse kuierplek
The Souk in Kaapstad het die mooi partytjiedekor vir die foto’s in ons November-uitgawe gedoen. Hulle kan dit ook vir jou partytjie doen! Besoek thesouk.co.za
Emily Lemmon, mede-eienaar van The Souk, gee raad oor hoe jy die Boheemse voorkoms in jou tuin kan skep.
- Meng en pas komberse met blompatrone, piekniekkomberse en matte om die grond/gras te bedek.
- Gebruik lae tafels – soos outydse kratte of selfs kiste of tasse – om kos en drankies op neer te sit.
- Jy het baie kussinkies nodig. Probeer om soveel teksture moontlik te gebruik en alles hoef nie bymekaar te pas nie. Hoe minder dit bymekaar pas, hoe beter!
- Skep hoogte met ’n soort ‘tee-pee’-tent of macramé-vlaggies en liggies wat hoog gespan is.
Lekker kuier!
Kyk hier na ons agter-die-skerms-foto’s. Koop ons November 2018-uitgawe vir nog idees en heerlike resepte.