Pak ’n eko-vriendelike kosblik deur: Elandrè Swart. Hooffoto: Milkos/iStock photos
Waterbottels
Dit is belangrik om gehidreer te bly veral in die somer, daarom is die keuse van jou waterbottel belangrik. Vermy plastiek en kry ’n vlekvryestaalbottel. Dié bottels lek nie, is BPA-vry en het beter insulasie as plastiek.
Kosblikke
’n Kosblik met verskillende afdelings is ideaal om ’n verskeidenheid peuselhappies in te pak. Hou ook in gedagte dat jy dalk eetgerei gaan nodig hê, en besluit of die houer genoeg plek vir ekstras het.
Hierdie kosblik van Woolworths is perfek vir skool of werk. Dis gemaak van polipropilene (PP) en is duursaam en herwinbaar. Die houer kom met ’n rekband en bevat twee houers asook eetgerei.
Vermy kleefplastiek
Waspapier (beeswax paper) is ’n volhoubare manier om jou toebroodjies in toe te draai en ’n goeie alternatief vir plastieksakkies. Waspapier is herbruikbaar en maklik om skoon te maak.
Kossakke
Hou die materiaal van jou kossak in gedagte. Wanneer jy ’n materiaal soos neopreen kies, sal die sak sterk en waterdig wees. Neopreen is ook ’n goeie isolator wat jou kos vars hou.
Verskaffers:
Yuppiechef |Yuppiechef.com
Takealot |Takealot.com
Superbalist |Superbalist.com
Woolworths |Woolworths.co.za
Faithful to Nature |faithful-to-nature.co.za