Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Koop op die mark
200 g olywe - wees op die uitkyk na ’n verskeidenheid geure en kombinasies.
kouevleis soos salami of ham
lekker brood
mikro-brouery bier
Maak self
diepgebraaide olywe
romerige mozzarella met ’n tamatievinaigrette
diepgebraaide olywe
Ons het op lekker groot groen olywe afgekom en hulle toe in ’n krakerige korsie diepgebraai.
80 ml (1⁄3 k) koekmeel
2 eiers, liggies geklop
15 ml (1 e) melk
375 ml (1½ k) vars broodkrummels
330 ml (11⁄3 k) parmesaan, fyn gerasper
’n knypie rooipeper
375 ml (1½ k) groot groen olywe, afgespoel en droog gedruk
Sonneblomolie vir diepbraai
Instructions
Die lekkerste van markdag is om alles by die huis uit te pak en dadelik te verorber. Pak jou aankope op ’n groot bord uit en maak die biertjies oop, dis smultyd!
1 Verhit die olie solank in ’n middelslagkastrol. Skep die meel op ’n bord. Meng die eier en melk in ’n ander bakkie. Meng die broodkrummels, parmesaan en rooipeper in nog ’n ander bakkie. 2 Doop die olywe in die meel en skud die oortollige meel af. 3 Doop eers in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel. 4 Braai ’n paar van die olywe op ’n slag tot goudbruin. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met die res van jou lekkernye.