Die lekkerste van markdag is om alles by die huis uit te pak en dadelik te verorber. Pak jou aankope op ’n groot bord uit en maak die biertjies oop, dis smultyd! 1 Verhit die olie solank in ’n middelslagkastrol. Skep die meel op ’n bord. Meng die eier en melk in ’n ander bakkie. Meng die broodkrummels, parmesaan en rooipeper in nog ’n ander bakkie.Pak ’n bord uit
Ingredients
Instructions
2 Doop die olywe in die meel en skud die oortollige meel af.
3 Doop eers in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel.
4 Braai ’n paar van die olywe op ’n slag tot goudbruin. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met die res van jou lekkernye.