kategorieë: Blogs

Pak jou tas!

Wintervakansies was nog altyd my gunsteling. Wimbledon. Kaggelvuur. Vroeg bed toe. Gewetenlose laatlê met ’n boek onder ’n berg broeiende komberse. . . Weggaan is ook nie regtig nodig nie. “Wij blijven gewoon even lekker thuis,” soos my Hollandse vriende sou sê.
Maar vanjaar, het ons besluit, vanjaar is vakansie ons nie beskore nie. Nie eens tuis nie. Te min tyd, te veel werk. Te.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soggens vroeg, voor die koue opstaan, reis ek groenerig op Facebook saam met vriendin-joernalis Ilza Roggeband en seun Zac deur Amerika, loer oor kamermaat Anéne se skouer na die skoonheid van die Jikeleza-roete aan die Ooskus (en vermaak myself met hul familie-plesier), sien hoe die Wildtuin-vure brand en kyk hoe my tuisblyvakansievriende saam met hul kroos kuier. So vang my oog die boodskap van reisende oud-kollega Shelagh: “Ek word baie min siek. Toe ’n kollega vra ‘Wat neem jy?’ het ek sonder skroom geantwoord: Vakansies! Sterk aan te beveel. Geen vitamiene benodig.”
Hmmm, dink ek.
Ek weet. Dit bekruip jou nie. Dit tref jou, slaan jou plat. Tussen die oë, skielik. Jou binneste frons, jou vingers knoop en jou tande kners. ’n Moeë frustrasie wat jy moeilik in woorde kan uitdruk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klink bekend?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onwillekeurig dink ek aan ’n artikel wat ek vroeër vanjaar op die webblad www.dailymail.co.uk gelees het. Navorsing het getoon (en ja, enige sin wat so begin laat my ook skepties, maar hierdie een het ek verkies om te glo) dat weggaan met vakansie jou beter laat slaap, jou help om jou bloeddruk in toom te hou en selfs goed is as jy wil gewig verloor. Dié wat dit gereeld doen is meer energiek en hul stresvlakke verbeter met tot 71%.

Kortom, om nie op vakansie te gaan nie is sleg vir jou brein en jou besigheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hmmmm, dink ek. Weer.

Hoe gemaak as jy vir jouself werk? Trek jy gewetenloos die kantoordeur toe en hoop dat alles steeds staan as jy terugkom? Hoe bestuur jy jou geldsake? Want as jy nie werk nie is daar nie geld nie. . .

’n Vakansie, selfs al werk jy vir jouself, is ’n moet. In sy boek Mystic Cool: A proven approach to transcend stress, achieve optimal brain function, and maximize your creative intelligence skryf Don Joseph Goewey dat ons dikwels nie op vakansie gaan nie omdat ons bang is iemand anders steel in ons afwesigheid die kollig. Of ons dink dat die werk op ons lessenaar so sal ophoop dat ons nooit weer alles sal inhaal nie.

Hmmmm. ’n Derde keer.

Dalk, net dalk, lê die antwoord in fyn beplanning. En ’n goeie skoot eerlikheid. Met ander, maar ook met jouself.
Soos dié nota wat ek vanoggend per epos ontvang: Moenie weggaan nie. Ek is volgende week terug, dan verander ons die wêreld.”

Net vanaand pak ek my tas.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: mari lategan

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

4 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.