Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
As jy ’n lekker groot pan het, kan jy die paella maklik oor die kole braai. Dit werk veral goed as jy vir baie mense moet kook. Berei al die bestanddele vooraf en skep in bakkies net reg vir die braaislag.
125 ml (½ k) olyfolie
175 g chorizo (of enige ander geurige worsie) in skywe gesny
250 g swoerdlose spek, in stukkies gesny
12 groot steurgarnale, derms verwyder
400 g calamari-buise, harde been aan die binnekant verwyder en in ringe gesny, of
calamari-koppe met tentakels
18 klein toe mossels, baarde verwyder
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 groot ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, pitte verwyder en fyn gekap
1,2 liter hoenderaftreksel
5 ml (1 t) saffraandraadjies in ’n bietjie water geweek, of 5 ml (1 t) borrie
6 takkies vars tiemie
600 ml risottorys
5 ml (1 t) paprika
125 ml (½ k) droë witwyn
1 x 410 g–blikkie heel, geskilde tamaties
sout en gemaalde swartpeper
100 g vars of gevriesde ertjies
’n hand vol vars Italiaanse pietersielie, gekap
gerasperde skil van 2 suurlemoene
2 knoffelhuisies, fyn gekap
Instructions
1 Verhit ’n bietjie van die olyfolie in ’n diep pan en braai die chorizo en spek vinnig daarin tot bros. Skep uit en hou eenkant. 2 Soteer die garnale, calamari en mossels ook vining in dieselfde olie. Haal uit en hou eenkant. Gooi die mossels weg wat nie oopgegaan het nie. 3 Gooi die helfte van die oorblywende olyfolie in die pan en soteer die knoffel, ui en soetrissie vir ’n paar minute daarin tot die groente sag is, maar nie verkleur nie. Roer af en toe. 4 Maak die aftreksel en saffraan of borrie in die mikrogolf warm, hou eenkant. 5 Voeg die tiemie en rys by die groentemengsel en roer vir 5 min. of tot die rys goed met die olie bedek is. 6 Roer die paprika in en voeg die wyn by. Laat vinnig prut en roer deurentyd. Voeg die meeste van die warm hoenderaftreksel by maar nie alles nie. Voeg die chorizo en spek by en kook vir 15 min. by ’n lae temperatuur. Roer af en toe. Voeg nog aftreksel by indien dit te droog kook. Sny die tamaties in blokkies, behou die sous. Vou die tamatieblokkies en sous by die mengsel in. Kook vir nog 10 min. oor matige hitte. Skep die ertjies, garnale en calamari op die paella. Geur met sout en peper. Sit al die mossels terug. Meng die gekapte pietersielie, gerasperde suurlemoenskil en knoffel en strooi oor die paella.