Paddington die beer is op pad Suid-Afrika toe om die vrystelling van die film Paddington 2 te bemark. Almal se geliefkoosde beer, wat dol is oor marmelade-toebroodjies, het vroeër die week deur Engeland gereis voordat hy by ons sal kom kuier.
Een van die plekke waar hy ’n draai gaan maak het, was in Londen by Paddingtonstasie. Daar het hy die koninklikes Harry, William, en Catherine ontmoet. Paddington het selfs met Catherine gedans.
Daarna het die drie koninklikes, Paddington en ’n paar ander akteurs wat in die film verskyn, insluitende Hugh Bonneville, ’n treinrit meegemaak saam met ongeveer 130 kinders wat geraak word deur hul verskeie welsynsorganisasies.
Alhoewel Catherine aan Hyperemesis Gravidarum ly tydens haar swangerskap, was sy glo gesond genoeg om die geleentheid by te woon en te dans. Die koninklike gesin het ook pas aangekondig dat haar en Prins William se babatjie in April 2018 gebore sal word.
The Duke and Duchess of Cambridge are delighted to confirm they are expecting a baby in April 2018. pic.twitter.com/jOzB1TJMof
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) October 17, 2017
Hier is ’n video waar die prinses met Paddington dans.
Kyk ook hier na Prins George se eerste skooldag
Kyk hier na die video waar Prins Harry ’n springmieliedief betrap