Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Deesdae kry jy gelukkig wilde-sampioene, droog en vars, in die meeste winkels. Vervang deur gewone knopiesampioene as jy nie wildesampioene kan opspoor nie.
20 g (1 pakkie) droë porcini-sampioene
600 ml kookwater
30 ml (2 e) meel
5 ml (1 t) sout
1,5 kg beesskenkel, in blokkies gesny
45 ml (3 e) olyfolie
1 middelslagui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
8 (of 1 klein pakkie) babaworteltjies
12 piekeluitjies
1 lourierblaar
250 ml (1 k) port
250 g (1 pakkie) verskeidenheid sampioene soos swartsampioene, knopiesampioene, shiitake, porcini of portobellini in kwarte gesny
Instructions
1. Gooi die kookwater oor die droë porcini-sampioene en hou eenkant tot hulle opgeswel en plomp is. 2. Verhit intussen die olie in ’n groot kastrol. Geur die meel met die sout en bedek die vleis met die meel. Skud die oortollige meel af. Braai die vleis bietjie vir bietjie in die olie tot goudbruin. 3. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en goudbruin. 4. Voeg die geweekte sampioene met hul vloeistof, wortels, piekeluitjies, lourierblaar en port by. Geur met sout en peper na smaak. Laat prut vir 1½-2 uur oor lae hitte. 5. Voeg die vars sampioene by en kook vir 10 min. tot sag. Sit voor saam met kapokaartappels.