Pablo Picasso en die emosies wat sy werke ontlok

Pablo Picasso en die emosies wat sy werke ontlok deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As daar iemand was wat die konsep van kuns uitgedaag het, is dit Pablo Picasso. Wat is skoonheid? Wat roer jou? Wat is ‘n vrou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het Picasso ontdek deur my suster Beverly se liefde vir kuns. Sy het as student ‘n onderwyseres gehad wat ‘n groot impak gemaak het op haar studente, en wat hulle uitgedaag en geïnspireer het. Sy het by die huis opgedaag met haar eie weergawe van Pablo se The Old Guitarist, en die ooreenkomste met die groot meester se werk was indrukwekkend. Deur die jare het ek sy groot werke regoor die wêreld gesien, maar hom nog nooit eintlik bestudeer nie.

Lees ook: Margaret se Wêreld: 3 dinge wat ek vanjaar wil omhels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Margaret by die Picasso and Paper-uitstalling Pablo Picasso en die emosies wat sy werk ontlok

Sy uitbeeldings van gefragmenteerde vroue het my effens ontstel, maar ek het sy blou en kubistiese tydperke waardeer. En ook die oormaat energie wat hy tydens sy (baie produktiewe) lewe vasgevang het. Toe ek dus onlangs in Londen was en die Picasso and Paper-uitstalling by die Royal Academy of Art sien, het ek my enigste vrye tyd gebruik om dit te gaan bekyk.

Die Royal Academy is een van my gunstelingmuseums in Londen. Dit is weggesteek op Piccadilly, halfpad tussen Green Park en Piccadilly Circus, naby Fortnum & Mason. Dit bied dikwels kompakte versamelings van bekende name wat ‘n spesifieke era belig, of  (soos in die geval van die Picasso and Paper-uitstalling) ‘n uitgebreide en verteenwoordigende versameling.

Lees ook: Margaret gesels met Mark Ruffalo oor sy nuutste film, geregtigheid en hoekom ouma’s so belangrik is

Video van Reclining Nude Woman by die Royal Academy se Picasso and Paper-uitstalling. (Sien die volledige werk onder, met muurpapier, geweefde papier en duimspykers, olie en houtskool op doek.)

Net soos wat mens ‘n stukkie papier gryp om ‘n lysie te maak, so het Picasso elke vorm van papier verken in en as kuns. Van Japanese papier tot koerante, spyskaarte en servette. Meer nog: hy het dit gemanipuleer, gevou, gebrand, gegom en drukwerk daarop gedoen soos wat die inspirasie hom beetgepak het. Selfs die mees abstrakte of eenvoudigste uitbeeldings vang sy passie vas en het my my eie siening van die wêreld laat bevraagteken.

Lees ook: Margaret gesels met Catriona Balfe oor die nuutste seisoen van Outlander

Picasso se reclining nude Pablo Picasso en die emosies wat sy werk ontlok

Soos ek deur die uitstalling beweeg het, het ek ‘n pragtige stuk koper gesien. Of eintlik, 66 koperplate: sy La Celestine, from Suite 347-uitbeelding van Fernando de Rojas se Celestine. Vlugvoos en sonder my bril het die tekstuur en kontras van swart ink op koper my gelok. Ek het dit afgeneem om dit later, wanneer ek wakkerder is, beter te kan bekyk. Toe ek nader kom om meer van die detail te probeer vasvang, het ek besef ek kyk na ‘n uitbeelding van ‘n klomp baie duidelike seksuele eskapades wat volgens my konserwatiewe opvoeding byna as pornografies beskou kan word. Omdat die mans klere gedra het en sekere gewoonlik weggesteekte liggaamsdele van vroue ontbloot was, het dit my laat nadink oor die groter konteks van Harvey Weinstein, die rol van vroue, die grense van seksualiteit, die intieme keuses van instemmende volwassenes en die uitstalling van privaat-interaksies in die openbaar.

Was sy gefragmenteerde vroue ‘n meer eerlike uitbeelding van vroue se krag en onderdanigheid, of van hulle bedreiging en verleiding? Hoe sien die oog vorm? Wat roer mens se siel?

Lees ook: Margaret en Kristen Stewart gesels oor sterk wees en kwetsbaarheid

Pablo Picasso en die emosies wat sy werk ontlok

Om al hierdie en ander vrae deur mens se gedagtes te voel jaag en terselfdertyd te wonder wat ‘n indruk op die oog maak, is ‘n rare ervaring. Enige iets wat bespreking, verkenning en ‘n herondersoek van die self ontlok, is die moeite werd om na te gaan kyk. Ek kan nog baie skryf oor die kuns, of op ‘n filosofiese manier verskeie tesisse uitmekaar trek, maar ek gaan eerder net sê: as jy in Londen is, gaan kyk na hierdie uitstalling – jy sal nie teleurgesteld wees nie.  As jy – soos ek – minder weet van Picasso, lees ’n bietjie oor hom, kyk na van sy werk, en dalk sal jy jou – soos ek – in ‘n diep debat bevind oor die intellektuele en emosionele reaksies wat sy werk ontlok.

Pablo Picasso en die emosies wat sy werk ontlok

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.