Paasfees: Die 10 lekkerste resepte wat jy nou moet bak. Saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto: pexels
1. Bruintjies in ’n eiertjie
Hierdie is ’n heerlike en kreatiewe alternatief vir Paaseiers!
2. Paasbolletjies met vye en geskroeide lemoen-en-haselneutbotter
Tuisgemaakte Paasbolletjies proe ’n honderd keer beter as enigiets wat jy kan koop
Lees ook: Paasbolletjies met sappige droë vrugte
3. Sout-Paasbolletjies
As jy nie gaande oor soet Paasbolletjies is nie (en selfs as jy is!) móét jy hierdie heerlike weergawe probeer.
4. Suurlemoen-meringue eiers
Sit jou poeding voor in eierdoppies vir Paasfees!
5. Sjokolade-en-amandel-vlegsel
Deel hierdie aan tafel met jou mense.
6. Meringuesampioene
Hou by die Paaseier-skattejag se tema en maak die oulikste meringuesampioene!
7. Verleidelike sjokoladekoek
Versier hierdie hemelse sjokoladekoek met Paaseiers!
8. Prettige teekoekies
In plaas daarvan om hierdie koekies in blomvormpies uit te maak, druk hulle eerder in hasie- en eiervorms uit en versier dit met vrolike versiersuiker! Dis ’n wonderlike saam-doen-projek vir kinders.
9. Sjokolade-torte
Hierdie sjokolade-torte is skandelik lekker, en is ideaal vir ’n spesiale geleentheid.
10. Mini-donuts
Die Paasnaweek is die ideale tyd om ’n nuwe resep te bemeester. Hierdie resep is ook heerlik vir ’n huis vol gaste!