Paasfees: 3 pragtige tafeldek-idees uit ons argiewe

Paasfees: 3 pragtige tafeldek-idees deur Cornel Dunn, bygestaan deur Greta Champion-Gericke. Foto’s: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kry die mooiste inspirasie vir jou Paastafel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stemmig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Alwijn Burger, ook bekend as Blomboy, is ’n dekorstilis en konsepontwikkelaar vir uiteenlopende geleenthede en projekte.

Vir Paasfees verkies hy ’n sagte, stemmige kleurpalet met skadu’s van lila en roospienk (scabious, krismisrose) met vlekkies sjokoladebruin teen ’n agtergrond van inheemse grasse en die warm bruin van eierdoppe. ’n Subtiele kleurskema laat meer ruimte om met interessante teksture en lyne te eksperimenteer.

Hy hou van die kontras tussen “luuks” en “alledaags” en speel hier met kontraste tussen elemente soos kristal en eenvoudige servette wat met natuurlike kleurstowwe gevlek is. Die marmertafelblad bied ’n meer eietydse basis, maar sou maklik deur ’n gestyfde wit tafeldoek  vervang kon word.

Vir meer inligting oor Blomboy, loer hier: www.blomboy.cominfo@blomboy.com facebook; instagram

Lees ook: Maak self Paasbolletjies

#rrWenk: ’n Subtiele kleurskema laat meer ruimte om met teksture en lyne te eksperimenteer

Lees ook: Die heerlikste kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Aards

Lees ook: Oulike Paasfeesprojekte om met die kinders te doen

Paasfees beteken vir Marida Steyn van Paradiso Flowers ’n fees van nuwe lewe. Daarom het sy haar tafel gedek met eiers van alle groottes en soorte – wat nuwe lewe simboliseer.

“Dis nie vir my ’n fees van oorvloed en oordaad nie en die res van my tafel getuig daarvan. Klein vergeet-my-nietjies en kantblomme wat hier en daar uit die eiers blom, versinnebeeld nuwe lewe. Die gebreekte brood en olyfolie nooi almal wat hier kom aansit om stil raak en te dink aan die groot geskenk wat ons gekry het toe ons Verlosser vir ons aan die kruis gesterf het.”

Vir meer inligting, loer hier: info@paradiso.co.zawww.paradiso.co.za instagramfacebook

#rrWenk: Vergeet-my-nietjies en kantblomme wat hier en daar uit die eiers blom, versinnebeeld nuwe lewe.

Lees ook: Die lekkerste Paaseiers wat jy nou kan koop

Feestelik

Heike le Cordeur, ook bekend as Fleur le Cordeur, gebruik kleure en teksture, eerder as voorspelbare simbole, om ’n tema uit te beeld. Vir haar gaan Paasfees net oor Jesus se kruisiging en dat Hy weer opgestaan het.

“Wat vir my belangrik was, is dat dit ’n tafel van oordadig-heid moet wees om my familie te bederf en hulle soos Koningskinders te laat voel. Ek het besluit op die rooi tema om die bloed van Jesus te simboliseer, dan die spierwit krismisrose, want deur die Kruisiging is ons wit soos sneeu gewas, kan ons vergifnis kry en van al die vuil merkies in ons lewe ontslae raak. Ek het spesifiek die pers anthuriums gekies omdat pers koninklikheid voorstel. Die idee met die rangskikking wat uit die dak hang, dra die boodskap dat Hy opgestaan het en opgevaar het na die hemel. Ek wil hê my familie en vriende wat aan die tafel sit, moet kinderlik opgewonde wees oor wat Paasfees voorstel en dit intens ervaar.”

Vir meer inligting loer hier: • www.fleurlecordeur.co.zaheike@fleurlecordeur.co.zafacebook

#rrWenk: Die rangskikking wat uit die dak hang, simboliseer dat Hy na die hemel opgevaar het.

Lees ook: Maak die oulikste Paasgeskenke vir jou gaste

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

7 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

7 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

7 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

7 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

8 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.