Ons het ons outydse koekiedrukkers afgestof en lekker gespeel. Die vlakoekies werk goed vir die uitdrukslag. Jy kry baie nuwerwetse weergawes van dié koekiedrukkers.
250 g botter
175 ml suiker
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
37,5 ml vlapoeier
20 ml (4 t) bakpoeier
750 ml (3 k) koekmeel
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei. 1 Room die botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en meng goed. 2 Sif die vlapoeier, bakpoeier en meel saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed. 3 Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir 20 min. in die yskas. 4 Skep die verkoelde deeg in die koekiedrukker en druk die koekies in patrone uit. Rol die deeg andersins liggies in balletjies en pak op die bakplaat. 5 Bak vir 10-12 min. tot ligbruin. Sit op ’n afkoelrak en laat behoorlik afkoel voor die koekies in lugdigte houers verpak word.