Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit 3 groot bakplate met kleefwerende kossproei. Malvalekker-fondant 1 Sit die malvalekkers en water in ’n groot hittebestande bak en smelt in die mikrogolfoond vir 2½ min. Roer elke 30 sekondes.Outydse soetkoekies met malvalekker-fondant
Ingredients
Instructions
1 Sif die koekmeel, kremetart, koeksoda, sout en suiker saam.
2 Vryf die botterblokkies in die meelmengsel in. Gooi die brandewyn en eiers by en verdeel die stywe deeg in 4 dele. Draai in kleefplastiek toe en laat vir 20 min. in die yskas rus.
3 Rol die deeg een hoeveelheid op ’n slag op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. Rol 5 mm dik uit. Druk soos ons ’n poskaart, of ’n vorm van jou keuse uit, en sit op die bakplate.
4 Bak vir 10-15 min. of tot ligbruin.
5 Knip die gedrukte versiersuikerprentjies uit. Meng die eierwit en versiersuiker en verf elke prentjie met ’n bietjie van die suikergom.
6 Druk op koekies vas en laat uitdroog.
2 Gooi die versiersuiker by en meng goed deur. Spuit ’n skoon werkvlak en jou hande met kleefwerende kossproei. Keer die mengsel op die werkvlak uit en knie tot glad. (Indien die fondant te sag is, voeg nog versuiker by, of water indien te droog.) Draai toe in kleefplastiek en sit oornag in die yskas.
3 Meng die eierwit en versier-suiker om die suikergom te maak.
4 Rol die fondant op ’n skoon werkvlak wat met versiersuiker of mielieblom bestuif is tot 5 mm dik uit.
5 Druk dieselfde vorm as die koekie uit en verf weerskante met suikergom.
6 Plak die malvafondant tussen 2 koekies vas.
7 Laat uitdroog en verpak lugdig.