Outydse skuimpoedings
Ingredients
- Ons wou ’n ligpienk skuimpoeding hê, maar die gekoopte jellie maak dit te donker en ons het toe die helfte van die gekoopte jellie deur gewone gelatien vervang.
- ONTHOU: Ingedampte melk moet oornag in die yskas gehou word as jy dit wil styfklop.
- Aarbei
- • 1 x 40 g (½ pakkie) aarbei-gegeurde jellie
- • 1 x 10 g (15 ml) sakkie gelatien
- • 125 ml (½ k) kookwater • 190 g-blikkie ingedampte melk (uit die yskas)
- Suurlemoen
- • 1 pakkie (80 g) suurlemoengegeurde jellie
- • 125 ml (½ k) kookwater
- • 190 g-blikkie ingedampte melk (uit die yskas)
- Green gage
- • 1 x 80 g Green Gage-jellie
- • 125 ml ( ½ k) kookwater
- • 190 g-blikkie ingedampte melk (uit die yskas)
- Spuit 8 poedingvorms met ’n inhoudsmaat van 125 ml met kleefwerende kossproei.
Instructions
Aarbeijellie
1 Maak die aarbeijellie volgens die aanwysings op die pakkie en voeg die 10 g gewone gelatien ook by die kookwater. Roer tot opgelos. Laat heeltemal afkoel.
2 Klop die ingedampte melk met ’n elektriese menger tot stywe punte vorm.
3 Vou in die jelliemengsel in. Gooi in die voorbereide vorms. 4 Sit vir 4-6 uur of oornag in die yskas totdat die mengsel gestol is.
Suurlemoen en Green gage-jellie
1 Maak die jellie met kookwater aan. Laat heeltemal afkoel.
2 Klop die ingedampte melk met ’n elektriese menger tot stywe punte vorm. Vou in die jelliemengsel in.
3 Gooi in die voorbereide vorms.
4 Sit vir 4-6 uur of oornag in die yskas totdat die mengsel gestol is.
5 Doop die poedings vir 5-10 sekondes in kookwater voor jy dit versigtig uitkeer en voorsit.