Instructions
1 Spuit ’n skoon vlekvryestaalwerkvlak of die agterkant van ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
2 Gooi die suiker, vloeibare glukose, ingedampte melk, botter, mielieblom, gliserien en sout saam in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot die suikerkristalle afgesmelt het.
3 Draai die hitte hoër tot matig en sit ’n suikertermometer in die stroop. Moet die mengsel glad nie weer roer nie. Verhit tot
121 °C. Die mengsel het ’n ligte karamelkleur.
4 Gooi die mengsel dadelik op die voorbereide werkvlak uit – moenie die kastrol uitkrap nie. Spuit ’n vlekvryestaalspaan met kossproei en gebruik om die suikermengsel te vang net voor dit afloop, vou na die middel van die mengsel. Moenie brand nie!
5 Hou aan met die beweging tot die suikermengsel vorm behou en begin afkoel maar steeds te warm is om met die hand te hanteer. Voeg die kleursel by en meng goed deur met die spaan.
6 Sodra die mengsel koud genoeg is om te hanteer, spuit jou handpalms (of dra kombuishandskoene) met kossproei en tel die mengsel op.
7 Trek die suiker in ’n lang tou uit en bring die punte weer na mekaar toe.
8 Vou in die helfte en trek weer uitmekaar. Herhaal tot die mengsel “weerstand bied”, moeiliker trek, lig en ondeurskynend word.
9 Sit die toffietou op ’n skoon werkvlak. Spuit ’n skêr met kossproei en knip die toffie in 4 cm-stukkies. Vou elke stukkie in waspapier toe en verpak lugdig.
Doen dit reg
• Die melkafsaksel maak ’n laag onderin die pot en brand aan, moenie die mengsel weer roer en die aanbrandsels loskrap nie.
• Verf die rande van die kastrol skoon met ’n kwassie wat in warm water gedoop is sodat die suikerkristalle wat aan die rande klou nie die mengsel laat kristalliseer nie.
• Werk versigtig wanneer die suiker uitgegooi word sodat jy nie brand nie.
• Keer dat die suiker klou en spuit alle toestelle met kossproei.
1 Spuit ’n skoon vlekvryestaalwerkvlak of die agterkant van ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
2 Sit die water en mielieblom in ’n bak en roer tot melkerig.
3 Gooi die mielieblommengsel, suiker, vloeibare glukose, gliserien, sout en botter in ’n kastrol. Roer met ’n houtlepel oor lae hitte en roer tot al die suikerkristalle afgesmelt het.
4 Draai die hitte hoër tot matig en sit ’n suikertermometer in die kant van die kastrol. Verhit tot 121 °C. 5 Haal die kastrol van die hitte af en roer die koeksoda by.
6 Gooi die mengsel dadelik op die voorbereide werkvlak uit. Spuit ’n spaan met kossproei en gebruik om die suikermengsel te vang net voor dit afloop, vou na die middel van die mengsel. Hou aan met die beweging tot die suikermengsel vorm behou en begin afkoel maar steeds te warm is om met die hand te hanteer. Voeg die kleursel en askorbiensuur by en meng goed deur.
7 Sodra die mengsel koel genoeg is om te hanteer, spuit jou handpalms met kossproei en tel die mengsel op. Trek die mengsel in ’n lang tou uit en bring die punte na mekaar toe. Vou in die helfte en trek weer uitmekaar. Herhaal die beweging tot die mengsel “weerstand bied”, moeiliker trek, lig en ondeurskynend word.
8 Sit die toffietou op ’n skoon werkvlak. Spuit ’n skêr met kossproei en knip die toffie in 4 cm-stukkies. Sit twee stukkies op ’n slag langs mekaar en draai in teenoorgestelde rigtings om ’n spiraal te vorm.
9 Vou elke stukkie in waspapier toe en verpak lugdig.
Doen dit reg
Die trekaksie van die suiker vang lug in die mengsel vas en sorg vir ’n lekker taai toffee.