Outydse lemoenkoek
Ingredients
- Jy kan deesdae byna enige visuele materiaal op versiersuiker laat druk. Ons het ’n stuk outydse rooslap en foto’s van rose gefotostateer en laat druk. Knip uit en plak op die versiersel.
- 500 ml (2 k) bruismeel
- 250 ml (1 k) suiker
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 1,25 ml (¼ t) sout
- 185 g sagte botter
- 3 eiers
- 125 ml (½ k) melk
- 45 ml (3 e) lemoensap
- gerasperde skil van 1 lemoen
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- Lemoenbotterversiersel
- 125 g sagte botter
- 375 ml (1½ k) versiersuiker, gesif
- 30 ml (2 e) lemoensap
- gerasperde skil van 1 lemoen
- 1 druppel lemoengeursel
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer twee hartvormige, of twee ronde 18 cm-koekpanne.
1 Sif die bruismeel, suiker, bakpoeier en sout saam.
2 Klop die botter tot liggeel en voeg die eiers by. Meng goed en voeg die melk, lemoensap en skil by.
3 Voeg die droë bestanddele by die bottermengsel en meng tot ’n stywe deeg vorm.
4 Verdeel die deeg tussen die pannetjies en bak vir 30-35 min. Draai die pannetjies ná 15 min. Die koek is gereed wanneer dit goudbruin is of ’n toetspen skoon uitkom.
5 Meng die versiersel terwyl die koek bak. Klop die botter in ’n elektriese menger tot liggeel en donsig.
6 Voeg eers die helfte van die lemoensap by en daarna die versiersuiker lepel vir lepel. Die res kan bygevoeg word indien die mengsel nie glad genoeg is nie.
7 Voeg die lemoenskil en -geursel by en hou die versiersel eenkant tot die koek heeltemal afgekoel het. Smeer ’n laag oor die koek.