Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei. 1 Smelt die botter en suiker in ’n kastrol. Trek van die hitte af. Voeg die stroop by en meng goed deur. Laat staan eenkant om effens af te koel.Ouma Jakkie se gemmerkoekies
Ingredients
Instructions
2 Klits die eiers liggies en klop by die bottermengsel in.
3 Sif die koekmeel, koeksoda, sout en gemmer saam. Roer met ’n houtlepel by die bottermengsel in. Laat rus die deeg vir 15 min. in die yskas tot ferm.
4 Skep klein eetlepels (sowat 15 ml) vol en rol in balletjies tussen jou handpalms. Sit die balletjies twee vingerbreedtes uit mekaar op die bakplaat en druk met ’n vurk plat.
5 Bak vir 10-12 min. Laat vir 10 min. op die bakplaat afkoel tot die koekies hul vorm behou en pak dan op ’n afkoelrak. Sit met ’n glas yskoue melk voor!