Raai jy jou kind dikwels aan om sekere keuses te maak omdat dit die “veiliger opsie” is? Soos om ’n werk met ’n bestendige salaris of goeie pensioenfonds te kies? Of dwing jy jou kind soos ’n utoritêre tier-ouer om iets te swot waarin hy nie belang stel nie omdat dit “iets is om op terug te val”? Dr. ST Potgieter, Kaapse opvoedkundige sielkundige en skrywer, sê: “’n Veilige ouer – in terme van beroepskeuse – is ’n ouer wat nie vir sy kind die vlerke wil gee om sy passie en drome te ontdek nie, maar hom die veiligheid van ’n voëlkou bied en dink hy doen sy kind ’n guns.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Karen Hodges, heelbreinpraktisyn en kreatiwiteitspesialis van Durbanville, meen Suid-Afrikaners is geneig om kinders te leer om te bly waar dit veilig is. “Baba moet byvoorbeeld in die middel van die vertrek bly en nie gaan verken nie, want netnou is dit gevaarlik.” Ouers doen dieselfde as dit by beroepe en ander aspekte van hul kind se lewe kom. “Richard Branson, ’n biljoenêr en wêreldbekende entrepreneur, het ondanks ’n disleksieprobleem uitgestyg – en nie omdat hy ’n veilige beroepskeuse met ’n pensioen nagestreef het nie. Hy het uit sy motor se kattebak musiek begin verkoop en nou besit hy onder meer ’n lugredery. Dit is tog absurd om ’n werk te soek wat elke maand jou geld vat net om dit ná 45 jaar se swoeg en sweet teen ’n belaglike lae rentekoers stukkie vir stukkie vir jou terug te gee, ás jy dit oorleef,” sê Karen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dr Potgieter omskryf weer die outoritêre tier-ouer só: “’n Ouer wat groot verwagtinge aan sy/haar kinders stel binne ’n streng en soms onverbiddelike raamwerk van dissipline, struktuur en roetine.” As jy as ouer te outoritêr is, of altyd veilig speel, is jy volgens dr. Kobus Neethling, breinprofielkenner en president van Suid- Afrika se Kreatiwiteitsvereniging, besig om jou kind se kanse op die reis na sukses te verwoes. In sy ouerskapboek Very Smart Parents word ouers aangeraai om nie meer outoritêre leiers te wees nie, maar eerder mentors, fasiliteerders en afrigters.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Outoritêre ouerskapstyl het onlangs wêreldwyd ’n storm ontketen nadat Amy Chua se omstrede boek Battle Cry of the Tiger Mother verskyn het. Hierin spog Chua hoe sy haar twee dogters geterroriseer het om te verseker dat hulle suksesvol is. Chua het onder meer geen simbool onder ’n A geduld nie, haar dogters mag nooit by ander kinders gaan speel het nie, en moes daagliks tussen twee en drie uur aan ’n musiekinstrument oefen
Duidelik is té veilig of té rigied nie die antwoord nie. Ons het by ’n paar kundiges gaan aanklop om vas te stel watter gereedskap hulle meen jy as 21ste-eeuse ouer in jou reistassie moet pak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dr. Potgieter, wat ouers en kinders bystaan met beroepskeuses, stel voor elke ouer pak die volgende in sy reistassie:
Lara Ragpot, opvoedkundige sielkundige en dosent in kinderontwikkeling aan die Universiteit van Johannesburg, gee die volgende raad oor die inhoud van ouers se reistassie:
Karen Hodges raai aan dat ouers die volgende in hul reistassie pak:
Anne Cawood, maatskaplike werker met ’n private beradingspraktyk en skrywer van verskeie ouerskapboeke, gee die volgende riglyne vir die 21ste-eeuse ouer:
Veranderinge in die werkplek (soos tegnologiese ontwikkeling en die neiging om af te skaal en vryskutte te gebruik) vereis nuwe vaardighede van werknemers om suksesvol te wees. Konsekwentheid maak nou plek vir aanpasbaarheid, skryf Martha Beck in Finding your Own North Star (Piatkus, 2001). Dit beteken jou kind moet ander vaardighede hê om suksesvol te kan wees. Lara stem saam en sê die werkplek met sy platter hiërargiese struktuur waar middelvlakbestuur en as ‘t ware alle werknemers ’n groter bydrae lewer oor hoe die maatskappy bestuur word, het ’n effek op ouerskap gehad. “Vandag mag kinders maar gesien en gehoor word en hulle word toegelaat om meer insette oor gesinsake te lewer.
Kinders mag hul vrese, aspirasies en ontevredenheid verbaliseer. Ek sien ook dat ouers oor die algemeen toegeefliker is – soms té toegeeflik. Daar moet ’n balans wees tussen liefdevolheid en dissipline omdat kinders albei nodig het,” sê Lara. Dr. Potgieter sê die afskaffing van lyfstraf in skole en dat al meer mense hul werk in “veilige” beroepe (in die staatsdiens of groot maatskappye) verloor, het ’n invloed op veral die Afrikaner se voorheen eng ouerskapstyl gehad. “Ouers het die teenstand teen lyfstraf gesien, die meer liberale uitkyk wat in Suid-Afrika posgevat het.
Hulle gee hul kinders al meer vryheid om te kies en moontlikhede te ontdek. Ouers moet aanpas in hul ouerskaptegnieke en meer gerig wees op gesprek met hul kinders as destyds toe pa se woord wet was.” Anne sê dit help nie om ouerskap vandag met jare gelede te vergelyk nie omdat dit oor die afgelope vyftig jaar so baie verander het. “Die dae van ‘kinders moet gesien en nie gehoor word nie’ en ’n goeie paar klappe het my nie kwaad gedoen nie en sal my kind ook nie kwaad doen nie’ is lankal verby.” Vroeër jare moes volwassenes tot elke prys gehoorsaam word maar nou mag kinders hul eie gevoelens en menings hê, maar hulle moet hul individualiteit steeds op ’n aanvaarbare manier uitdruk.
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.