kategorieë: OuerskapJou lewe

Ouers, weet julle wat is e-learning?

Kirsty Chadwick is een van ons land se e-learning pioniers en verduidelik hoe tegnologie soos tablette, slimfone en rekenaars vandag in die klaskamer gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is e-learning?

E-learning is die afkorting vir elektroniese leerwerk. Dit transformeer die outydse handboeke na digitaal. Sodoende is die inligting meer interessant en interaktief. Dit sluit selfs speletjies, musiek en foto’s vir kinders in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moet ek vir my kind ’n iPad koop om vir hom/haar ’n goeie toekoms te verseker?

Verseker nie. ’n iPad waarborg nie goeie opvoeding nie, maar goeie onderwysers doen wel. iPads en ander tablet-rekenaars is baie duur toebehore wat die meerderheid Suid-Afrikaanse ouers nie kan bekostig nie. Dis juis om hierdie rede dat hierdie apparate slegs in ’n klein mate in Suid-Afrikaanse skole gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is die verskil tussen e-learning en digitale leerwerk?

Dit is twee verskillende terme vir dieselfde voorwerp.

Wat is m-learning?

M-learning is die afkorting vir mobiele leerwerk. Dit beteken dat jy jou leerwerk saam met jou kan neem via jou selfoon, maar dit is nie baie gewild in Suid-Afrika nie.

Wat presies doen kinders met hul iPads in die klaskamer?

Kinders gebruik hul iPads meestal vir navorsing, om leermateriaal af te laai soos digitale handboeke en vele meer wat kan bydra tot onderrig in die klaskamer.

Het ek die internet nodig vir e-learning?

Nee. E-learning is nie volkome afhanklik van die internet nie, maar wel in Suid-Afrika as gevolg van die manier hoe dit tans hier gebruik word.

Is e-learning ’n duur storie?

Dit is duur tensy dit deur ’n maatskappy geborg kan word. ’n Tablet-rekenaar kan jou ’n minimum van R5 000 uit die sak jaag. Die regering werk tans aan ’n inisiatief om e-learning beskikbaar in alle Suid-Afrikaanse skole te maak.

Is ’n skootrekenaar dan nie net so hulpvol soos ’n iPad nie?

Dit is in baie gevalle, ja, maar die iPad en tablet-rekenaars het die voordeel van mobiliteit en ’n touch screen. ’n Skootrekenaar is meer bekostigbaar en kan ook hulpmiddels aflaai, e-boeke stoor en die internet gebruik.

Wat kan ek doen as my kind se skool nie e-learning aanbied nie?

Laat jou kind grootword met tegnologie. Indien jy ’n tablet-rekenaar of ’n foon met ’n touch screen het, laat jou kind toe om dit te gebruik onder jou toesig. Laai basiese speletjies vir jou kind af en hoe ouer hy/sy word, hoe meer gevorderd kan die speletjies raak. Maak internet-soektogte, probleemoplossings en woordspeletjies deel van jou kind se huiswerk, maar wees daar om altyd ’n ogie te hou.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.