Op 1 Oktober 2017 het L’Oréal Paris in samewerking met verskeie ontwerpers (soos Chopard en Balmain) ’n mode- en skoonheidsvertoning op Parys se wêreldbekende laan, Champs-Elysées gehou. Meer as 60 haar-en grimering-voorkomste is geskep en miljoene mense kon digitaal saam na die vertoning kyk. 50 van L’Oréal se segspersone het op die loopplank mode, hare en grimering ten toon gestel. L’Oréal het saam met die mode-ontwerper Olivier Rousteing van modehuis Balmain gewerk om ’n lipstiffie-versameling saam te stel wat deur die segspersone tydens die vertoning gedra is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }@lorealmakeup @lorealhair @lorealskin #LOREALPFW
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die Le Défilé L’ L’Oréal Paris mode-en skoonheidsvertoning met die Arc de Triomp in die agtergrond en Helen Mirren (72) as model.
L’Oréal-segspersoon Jane Fonda (79) was een van die modelle
Die Okotober 2017-uitgawe van Vogue Italia bevat drie veskillende voorblaaie met die 73-jarige model Lauren Hutton op die voorblad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Sy was al op 27 Amerikaanse Vogue-voorblaaie en 13 ander Vogue-voorblaaie, maar sy beskou hierdie voorblad as die belangrikste wat sy nog gedoen het. “Die een wat my die bruikbaarste laat voel het,” sê sy. “Hierdie is ’n voorblad wat die samelewing kan verander, want dit wys ’n vrou wat lewenslustig en aantreklik lyk en wat steeds lag,” sê sy.
Die tydlose uitgawe bevat ook ’n storie met Benedetta Barzini, Vogue Italia se eerste voorbladvrou van November 1965, Iman wat nou 64 is, sosiale media-stylster Baddie Winkl (89) en kunstenaar Marina Abramovic (70) en nog vele meer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
“Ek is so opgewonde om die nuwe gesig van Covergirl te wees. Ek, my drie kinders en 10 kleinkinders het dit baie moeilik gevind om dit geheim te hou. Wie sou ooit kon dink dat, na baie jare se bewondering vir die Covergirl modelle, ek een sou word, en dit op 69! Dit wys net ’n mens moet nooit opgee nie. Skoonheid is werklik vir vroue van alle ouderdomme.” Maye het dié boodskop op Instagram gedeel.
Maye is Kanadees, maar haar ouers het toe sy twee jaar oud was na Suid-Afrika verhuis en in 1969 was sy ’n finalis in die Mej. SA-kompetisie. In 1970 is sy met Errol Musk, ’n Suid-Afrikaanse ingenieur wat sy op hoërskool ontmoet het, getroud. Sy het ook ’n meestersgraad in dieetkunde aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat behaal. Sy is later van Errol geskei en het teruggekeer Kanada toe. Sy doen die afgelope 50 jaar reeds modelwerk en is ma van die bekende Elon Musk.
Haar raad aan jong modelle? “Wees gaaf met almal. Hou jou brein aktief. Lees baie.”
“Ons het eindelik die bevrydende era van inklusiwiteit en die demokrasie van ware skoonheid betree. ’n Era waarin ons ’n breër definisie van fisiese skoonheid verwelkom en individidualisme in alle vorme en groottes vier. Ons sien die opkoms van “regte, egte” styl-ikone wat meer outentiek is en waarmee mense beter kan identifiseer. Ouer en meer volwasse ikone wat gevier word, dui op ons aanvaarding van diversiteit en ook die mag van sosiale platforms om positiwiteit oor ouderdom as ’n houding te vestig en ook ’n keuse en die sirkel van vrouwees wat aanvaarding, verkenning en wysheid van mening.”
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.