Osso bucco-pasta
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 6
- sout en gemaalde swartpeper
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 1,5 kg (sowat 6) gesnyde beesskenkels
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 1 ui, gesny
- 3 knoffelhuisies, gekneus
- 250 ml (1 k) vrugtige rooiwyn soos Pinotage
- 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
- 2 x 410 g-blikke kersietamaties
- 4 lourierblare
- 30 ml (2 e) tamatiepasta
- 15 ml (1 e) suiker
- 500 g (1 pak) gaar penne-pasta
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
1. Geur die koekmeel na smaak en rol die beesskenkels hierin. Verhit olie in ’n groot, oondvaste kastrol en braai die skenkels hierin tot goudbruin. Geur na smaak, haal uit en hou eenkant.
2. Braai die ui in dieselfde kastrol vir 5 min. tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir 1 min. Geur na smaak. Sit die skenkels terug in die kastrol.
3. Gooi die rooiwyn by en prut vir 5 min. Gooi die aftreksel, tamaties, lourierblare, tamatiepasta en suiker by. Sit die kastrol in die oond en bak vir 2½ uur of tot die vleis van die been afval. Bedien warm saam met die pasta.
Rooi Rose
Lees Meer
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025
Vinnige salmpasta
18/12/2024