kategorieë: Ontspanning

OS Rio 2016: hoogte- en laagtepunte tot dusver

As jy nie die naweek die Olimpiese Spele in Rio dopgehou het nie, het jy uitgemis. ’n Lelike ongeluk het veroorsaak dat die Franse gimnas, Samir Ait Said, sy been tydens ’n val by die uitdunrondtes gebreek het (sien video onder), terwyl die Australiër, Mack Horton, ons goue man, Cameron van der Burgh, in die swembad uitoorlê het toe hy die 400m-vryslag finaal gewen het. Cameron het derde geeïndig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Franse gimnas, Samir Ait Said, breek sy been tydens ’n val by die 2016 Olimpiese Spele in Rio

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Chad le Clos, 2012 se “vis in die water” het tweede geeïndig in sy 100m-uitdun.

Veiligheidsmaatreëls is verder in die land versterk nadat en sak met plofstof naby die eindstreep van een van die padwedlope gevind is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In tennis het Venus Williams, suster van die wêreld se beste vroulike tennisspeler (tans), Serena Williams, tydens die eerste rondte uitgeval. Die Belg, Kirsten Flipkens, het Venus na 4 stelle gewen.

Het jy geweet?

Twee van die Olimpiese Spele se beste sterre, Usain Bolt en Michael Phelps, wat tussen die twee van hulle al 28 medaljes in totaal gewen het, het albei bevestig dat Rio hul laaste Olimpiese Spele sal wees.

Australië, Hongarye en die Verenigde State is tans die top 3 lande wat medaljes betref.

Bly op die hoogte van die 2016 Olimpiese Spele deur die amptelike blad dop te hou. Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.