kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Organiseer jou klerekas so

Kry jy ook dikwels ’n kopseer wanneer jy jou klerekas oopmaak en nie weet wat om aan te trek nie, vir die eenvoudige rede dat jy niks kan vind nie? ’n Deurmekaar kas is altyd ’n nagmerrie en kos jou geld omdat jy net meer en meer koop as jy nie weet wat jy het nie. Hier is ses wenke wat jou sal help om ’n netjiese kas te hê. Deur Elandrè Swart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hang-spasie

Installeer nog ’n klere-reling bo- of onder die bestaande een indien daar plek in die kas is. Op so ’n manier sal jy meer plek hê vir jou klere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hangers

Belê in mooi klerehangers. Eenvormigheid laat ’n kas mooier en meer georganiseerd lyk. Vir jou rompe kan jy byvoorbeeld drievlakhangers gebruik om dit netjies te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebruik jou deure

Gebruik die binnekant van jou kas se deure om bykomstighede op hakke of selfs aan mandjies te hang. Jy kan ook ’n handdoekreling hang vir jou serpe.

Pak weg

Houers is jou vriend! Alle onnodige goed wat nie baie gebruik word nie, kan in deursigtige bêrehouers gepak word. Jy kan ook etikette op al jou klerehouers plak sodat jy items makliker kan vind. Dit werk om met ’n merkpen op maskeerband te skryf. Bêre skoene in duidelik gemerkte skoenbokse wat jy maklik opmekaar kan stapel. Soos wat die seisoene verander, kan jy jou wintersklere wegpak en netjies hou vir volgende jaar sonder om jou spasie op te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ontklotter en organiseer jou huis: hier’s raad

Skoene

Skoene kan vinnig beskadig word as dit net so in die kas gegooi word. Beskerm jou skoene deur dit in skoenbokse of -houers te sit wat dit netjies en georganiseerd hou. Jy kan selfs ’n nota op die bokse maak van watter skoene waar is om die soektog soggens makliker te maak.

Gebruik die spasie wat jy nie sien nie

Sit ’n mandjie onder jou grimeertafel om al die goed wat jy min gebruik maar wel naby wil hou in te sit sodat jou tafel altyd netjies lyk.

Lees ook: Die beste stoorwenke vir jou huis

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

12 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.