Waar is die dae toe ons nog geweet het waar ons kos vandaan kom? Verby, saam met die dae toe mense hul werfhoenders se eiers met die kosgee uitgehaal het; toe mense nog gestap het waar hulle wou wees; toe onbesoedelde lug jou geboortereg was. Toe daar mandjies appels as geskenke weggegee is. Soms was daar ’n wurm in, want vrugtebome is nie ’n paar keer per seisoen met gif bespuit nie. Wanneer laas het jy ’n wurm in ’n appel gekry?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Organiese voedsel klink asof dit die belofte van natuurlikheid en egtheid inhou. En hoe kunsmatiger ons lewe, hoe meer smag ons na natuurlikheid en egtheid. Soos om te kan glo dat “die goeie aarde” regtig goed is, dat ’n appel ’n dag regtig die dokter sal weghou – en jou nie oor ’n dekade kanker gaan gee nie. Maar organiese kos is duur en skaars, en hoe weet jy dis beter as “konvensionele” kos?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Boonop vermoed baie van ons dat juis omdat dit duur, skaars en betreklik nuut is, dit net ’n modegier is van dié wat genoeg tyd het om na organiese markte op ver plekke te ry en genoeg geld het om dit te bekostig. Oor die onderwerp van gesonder of nie, is daar ’n groot gestry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Geen gesondheidsvoordele” was die slotsom waartoe ’n omvangryke oorsigstudie van die toonaangewende London School of Hygiene and Tropical Medicine (LSHTM) net meer as ’n jaar gelede gekom het. Die navorsing is vir die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA) gedoen. Die stof rondom dié studie het nog nie gaan lê nie. Ná die resultate bekend gemaak is, het ’n kakofonie van kommentaar losgebars, en die stryery duur voort. Daar is min of meer twee kampe. “Ons het dit geweet!” kraai een kamp, “die aansprake van organiese meerderwaardigheid is bemarkingsfoefies.” “Verkeerde afleidings. Verkeerde metodologie.
Twak!” sê die ander kamp en voorstanders van organiese kos. Die probleem met wetenskaplike navorsingstudies is dat dit selde die volle waarheid oor ’n onderwerp bevat. Dis soos die storie oor die blindes wat ’n olifant moet beskryf; elkeen tas maar in die donker rond en beskryf net wat hy kan raakvat: ’n slurp, ’n flank, ’n poot. Dus duur die stryery voort. Wat groente en vrugte betref, lyk dit tog of die oormag van navorsing – buiten die LSHTM s’n – wys dat organies gekweekte produkte meer antioksidante en minerale bevat. ’n Refraktometer meet bv. die opgeloste suiker in ’n vloeistof, ’n objektiewe, wetenskaplike manier om die rypheid vas te stel. Maar dalk kan jy hierdie verskil sommer self toets: eet ’n appel wat aan die boom ryp geword het, en een wat sy kosbare jeug in trokke en koelkamers deurgebring het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die verskil wat jy kan proe – dis die brix-waarde. Daar is ook min of meer ooreenstemming dat wat vleis en suiwel betref, organies gesonder as konvensioneel is. Plaasdiere wat hul lewe lank in die son gewei en gras gevreet het (anders as voerkraaldiere) se vleis bevat meer “goeie” omega-3-vette (die verhouding omega-3- tot omega-6-vette is hoër; die “slegte” vette is meer in voerkraaldiere) en verminder die risiko op kankers, hartsiektes en artritis. Diere in voerkrale kry ook gereeld antibiotika en groeihormone wat in die vleis en melk agterbly. Dié hormone is al verbind met vroeë puberteit by meisies en die antibiotika met “super”-bakterieë wat teen medikasie bestand is.
Baie mense is bekommerd oor die geringe hoeveelhede gifstowwe wat op groente en vrugte agterbly en op hul borde beland. Sulke gifstowwe word dikwels nie deur die liggaam uitgewerk nie, maar bou op en kan in die lewer, vet en ander weefsels gestoor word. Verbintenisse is al gemaak tussen landbougifstowwe en toestande soos aandagafleibaarheid, allergieë, depressie sowel as gevreesde siektes soos verskillende kankers, Alzheimer- en Parkinson-siekte. Hieroor word woes in wetenskapkringe gestry.
Maar die volle prentjie is nóg groter. Metodes van voedselverbouing is besig om die omgewing groot skade te berokken. Dr. Arden Andersen skryf in 1992 in sy boek Science in Agriculture: Advanced Methods for Sustainable Farming dat die filosofie agter die landbou die afgelope vyftig jaar of wat was dat voedselproduksie ’n oorlog is, dat die natuur die vyand is, dat grond nie-lewend is en dat die natuur lukraak, onintelligent en gebrekkig is. Dat die mens beter weet. Maar “oorlog is essensieel entropies (afbrekend), en die oorlog tussen mens en natuur (…) is ’n oorlog wat nooit gewen kan word nie”. Konvensionele of industriële boerderymetodes rus swaar op stikstofgebaseerde kunsmis sowel as onkruid-, swam- en insekdoders.
Die gif dood wel skadelike insekte en swamme, maar ook paddas, liewensheersbesies, bye … Die afvloei van die kunsmis lei daartoe dat fosfate en stikstof in die watertafel, riviere en damme beland. Dit lei tot eutrofie, waar te veel nutriënte ’n oordaad alge tot gevolg het. Op die ou end word suurstof onttrek en vis en ander waterlewe versmoor.
Die Amerikaanse bioloog en landboukundige Norman Borlaug het in die jare veertig ’n nuwe soort koring in Mexiko ontwikkel nadat die land ná verskeie mislukte oeste die meeste van sy koring moes invoer. Toe Borlaug en sy span sukses behaal, het die Rockefeller-stigting die tegnologie versprei – tot almal se voordeel. Hieruit het die sogenaamde Groen Revolusie ontstaan. Die ontwikkeling van saadhibriede met hoë opbrengste, die uitbreiding van besproeiing-infrastruktuur, sintetiese kunsmis en gifstowwe het wêreldwyd tot dramaties hoër
opbrengste gelei.
Twee voorbeelde is Indië en Malawi. In die vroeë jare sestig was Pakistan en Indië op die punt van ’n oorlog. Hongersnood was ’n werklikheid in die hele Suid-Asië. Borlaug is na Indië genooi en ná baie struikelblokke is ’n nuwe variëteit rys in die Punjab-provinsie uitgetoets. Saam met besproeiing en staatsbefondste landbouchemikalieë is reuse-suksesse behaal. Die variëteit IR8 is as “wonderrys” bestempel. Toe die hongersnood verdwyn, het oorlogsugtigheid ook afgeneem, en ’n ietwat brose vrede het na die gebied teruggekeer. Die prys van rys het gedaal van 0 (R3 850) per ton in 1970 tot minder as 0 (R1 400) per ton in 2001.
In Malawi, ná jare van swaarkry, armoede en ’n hongersnood in 2001, is die Landbou-insetsubsidieprogram ingestel en kleinboere is gehelp om stikstofkunsmis en spesiale mieliesaad te koop. Dieselfde jaar nog het die land ’n buitengewone groot oes en ’n oorskot van tonne mielies gehad. Borlaug kry die eer dat hy sowat ’n miljard mense van hongersnood gered het en hy het in 1970 die Nobelprys vir Vrede ontvang. Maar sedert die jare tagtig word die Groen Revolusie gekritiseer. Daar word gesê dat industriële boerdery onvolhoubaar is. Dit het groot kapitaalinsette nodig: benewens intensiewe besproeiing en skadelike chemikalieë, ook brandstof. Terwyl meer voedsel geproduseer word, dra dit nie genoegsaam by tot voedselsekerheid nie – miljoene kleinboere is slegter daaraan toe. (Politieke stabiliteit en infrastruktuur is ook nodig vir voedselsekerheid.) Die gehalte van mense se voedsel neem ook af. Net een soort gewas, het ook die gevolg van ’n verdere, drastiese afname in biodiversiteit. Net ’n paar soorte rys, mielies en koring, byvoorbeeld, word deesdae verbou, terwyl daar vroeër duisende was.
Die wreedheid waarmee vee en pluimvee behandel word om vleis, suiwel en eiers so goedkoop moontlik te verskaf, stuit al meer mense teen die bors. Batteryhoenders sit hul miserabele lewe in draadhokke om en sien nooit die son nie. Varksôe moet hul kleintjies in hokkies op ’n betonvloer kry. Slagdiere word oor groot afstande vervoer.
Nog iets wat nie in ’n studie oor voedingswaarde in ag geneem word nie, is die positiewe, sosiale aspek van organiese metodes. Ian Robinson, direkteur van die aanlyn-organisasie Go-Organic.co.za wat inligting beskikbaar maak, in- en uitvoer organiseer en projekte inisieer, sê organiese boerdery is meer arbeidsintensief as konvensionele, industriële boerdery. Hy sê dit het belangrike potensiaal om werk te verskaf, soos wat in Brasilië, Kuba, Indië en Mexiko gebeur het. Maar terwyl die argumente vir organies verboude kos baie sterk is, het die nie-organiese boere sedert die jare sestig een troefkaart gehad waarby jy nie kon verbykom nie: Die opbrengste van chemiese boerderymetodes was en is oor die algemeen dramaties hoër. Dit beteken dat kos – ook vleis – betreklik goedkoop verskaf kan word. In ’n wêreld waar sowat ’n miljard mense geen voedselsekuriteit het nie, het ’n gestry oor waar dit vandaan kom, lank na ’n luukse geklink. Maar stadigaan kom daar ’n verskuiwing. Ian sê baie navorsing wys dat industriële boerdery nie volhoubaar is nie, en daar is baie navorsing wat wys dat organiese metodes groter opbrengste as chemiese boerdery kan lewer.
Hoër opbrengste beteken ’n laer prys. Vir die meeste mense gee die laer pryse van kon vensionele metodes (vergeleke met organiese kos) die deurslag. Die Amerikaanse skrywer Barbara Kingsolver skryf in haar boek Animal, Vegetable, Miracle (2007), hartstogtelik oor die prys versus die ware koste van industriële boerderymetodes. Industriële metodes bevorder gronderosie, versouting van die grond, woestynvorming en verlies aan vrugbaarheid. Daar is ook die verlies aan werkgeleenthede sowel as die behandeling van voedselverwante siektes. Dit maak “gewone” kos eintlik bitter duur. ’n Tema in die boek is ook die ryk koskultuur in lande waar mense kos eet wat hulle op markte koop of kweek – dink aan die Italiaanse kookkuns.
Organiese boerderymetodes sluit in om verskillende gewasse om die beurt óf saam te plant, net sekere soorte organies-afbreekbare gifstowwe te gebruik, groen kompos (grondbedekkers wat die grond verryk) en biologiese plaagbeheer (soos reuse-koringkrieke wat slakke eet). “Dit begin met die grond,” verduidelik Nico Steinberg van die plaas Florence naby Chrissiesmeer in Mpumalanga. Daar was ’n tyd toe daar geglo is die grond is net die medium, dat alles wat ’n plant nodig het, uit ’n sak kan kom, en alles wat die plant bedreig, met chemikalieë bespuit moet word. “Dis boerdery gegrond op vrees vir die natuur.”
Maar ’n organiese boer werk saam met die natuur.
Hy moet die beginsels van gesonde grond verstaan. Die minerale balans, die humus-inhoud en die mikro-organismes moet reg wees. As die grond gesond en in balans is, kry jy gesonde plante wat ’n hoë brix-waarde het en volgens Nico vreet insekte nie aan sulke plante nie, omdat hul beskermingstelsel te sterk is. ’n Mengsel van konvensionele chemiese boerdery en organiese boerdery is aan die ontwikkel. Piet Prinsloo van ZZ2-boerdery-ondernemings, wat in drie provinsies boer en landwyd bekend is vir onder meer tamaties, sê hulle pas natuurboerdery toe wat die beste van albei benaderings gebruik. Hulle het sedert 1999 ’n groot denkskuif gemaak om volhoubaar te boer. Hulle gaan baie wetenskaplik te werk om die grondbiologie te balanseer. Hiervoor word chemies-, biologies- en fisiek-verrykte kompos sowel as EM (’n mengsel van mikro-organismes wat grondgesondheid bevorder) gebruik. Siektes en plae is ’n werklikheid wanneer jy so opmekaar plant, verduidelik Piet. “Ons benadering is ons spuit as, en slegs as, dit moet.
Ons gebruik biologiese produkte om nematodes (’n reusegroep rondewurms) te beheer,bv. slegs die een wat die wortel vreet, en nie die ander voordelige nematodes nie. Ons gebruik die ligste moontlike behandeling.” Die wêreld se organiese voedselproduksie is tans nog minder as 1% van landbou en veeteelt, maar neem vinnig toe. Die Organiese Sektor-organisasie is onlangs gestig en die regering werk aan ’n organiese landboubeleid. Jy kan maar net op die winkelrakke gaan kyk. In Suid-Afrika is Woolworths nog die voorloper, maar Pick n Pay, Checkers en Spar bied al meer organiese produkte aan. Informele boeremarkte word ook al gewilder. Dit is ’n gevolg van direkte bemarking aan die een kant en ’n toenemende verbruikersvraag aan die ander kant van mense wat wil weet waar hul kos vandaan kom.
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.