Hier is ’n maklike projek vir die hele gesin. Jy kan laaiborde stapel, aanmekaarvasmaak, plat gebruik of teen ’n muur monteer. As jy borde gaan kry, soek die bestes uit. Baie is nie haaks nie en maak die projek moeilik. Laaiborde kan direk van ’n vervaardiger gekoop word, maar ek het myne sommer by die groentewinkel gekry.
Ons het die hout nie te veel geskuur nie. Omdat dit so droog is, suig dit die verf vinnig op en skep dit maklik ’n verweerde en begeerde afwerking.
Indien jy ’n meer moderne afwerking verkies, gebruik ’n goeie onderlaag.