Is daar ’n beter manier om die feesseisoen mee af te skop as met ’n dag vol inkopies en vermaak? Kom besoek A Festive Summer se opskietwinkel vir ’n dag vol inspirasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Daar sal nie net pragtige produkte te koop wees nie, maar ook smullekker kos, drankies en pret vir jonk en oud. Vermaak vir die dag sluit in ’n optrede deur die plaaslike kunstenaar Majozi en daar sal Pilates-klasse in die oggend op die grasperk aangebied word sodat jy jou bene kan strek en kan ontspan voor die feestelike dag begin.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Handelsmerke wat op die dag sal uitstal sluit in Jessica Anne, Nightire, Uzuri Life, Movepretty, Olga Marie Linen, Melissa Louise, Jota-Kena, Little Bird Paper Co., Lulu & Marula en vele meer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Overgaauw Wynlandgoed sal ook wyn verkoop en wynproegeleenthede aanbied op die dag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Datum: Saterdag, 25 November 2017
Plek: Modern Heirloom (The Shed), Overgaauw Wynplaas, Stellenbosch
Tyd: 10h00 – 18h00
Ingangsfooi: Gratis
Loer hier op facebook.
Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…
Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…
Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…
Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…
Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…
Hierdie webwerf gebruik koekies.