Die meeste van ons Suid-Afrikaners ken hoogstens ‘n rubberbootjie wat naweke op die Vaaldam of see ronddobber. So die nuwe fenomeen van die MSC seevaartskepe het man en muis in ‘n klein “tis” om betyds te bespreek en êrens heen te vaar. Ons is bietjie ver van die res van die wêreld, en moet maar tevrede wees met:
Kaapstad na nêrens (huh?)
Kaapstad na Mosselbaai (wou jy nog altyd graag Mosgas se torings van ver bewonder?)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Kaapstad na Swakopmund (klink darem bietjie beter, maar as jy al ooit langs die Weskus gekamp het, weet jy dat hogere branders jou erg gaan laat rondsteier).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dan is daar ook: Durban na Kaapstad of andersom, met die hoogtepunt van ‘n verbyvaarvisie van Coega – die nuwe industriële hawe in Port Elizabeth en as jy goed kan ver sien, dalk ook die soutpanne daar naby.
Ons kies die Durban – Portugese Eilande roete wat by Inhaca en Mhambane stop vir ‘n paar uur per dag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vrydagoggend net na 11.00 land ons op die kaai en die rye staan reeds verby die amptelike afskortings. Die Honey-meisies het gelukkig fast track– paspoorte en glip by die kortste ry in. Na ‘n gestoei onder ‘n klamwarm tentafdak is ons reg om aan boord te gaan, maar nie voor die eerste “amptelike” fotograaf ons kiek nie.
Almal vergader eers op dek 11 – swembad en partytjiedek met nie minder nie as drie kroeë. Die boot/skip het ‘n spesiale aanbieding van 12 skemerkelkies vir $42 en ook een vir 10 roomyse teen $20. Koeponboekies word aangekoop soos pakkies tjips. Ek sien selfs ‘n familietwis oor wie nou hoeveel koepons mag kry, en dis net wat die aantal roomysse betref.
Ons is so opgewonde toe ons drie kamermaats ons balkonsuite ontdek. Heerlik groot en met ‘n eersteklas uitsig op die wêreld daar buite. Net om seker te maak ons voel soos regte celebs, dreun daar ‘n helikopter reg bo ons balkon as die hawe en stadsbuitelyne van Durban onder die boot uitglip. Die hawemeester word flink van die skip gelig en teruggeneem na droë grond. James Bond- materiaal.
Saans is daar ‘n verskeidenheid aktiwiteite om die gemiddelde middeljarige couple van Brakpan tot Bellville te vermaak. Die een bar/lounge bied danslesse aan en as jy nie vinnig koes nie, bespring ‘n Italianertjie wat soos PeeWee Herman lyk jou en sleep jou onwillige bene tot voor in die opgelynde groepie. Jy was netnou nog 53, maar skielik moet jy soos ‘n wulpse katjie salsa, tango of shimmy tot groot vermaak van die res van die gaste. Die jong demonstreerders voor op die verhoog laat dit so maklik lyk, maar hier waar jy staan trap jy net hakskene en dril dele van jou lyf wat nog nooit gedril het nie.
Dan begin die teatervertonings van die aand en elke aand het ‘n ander tema. Italiaans, Suid-Amerikaans, ens, maar die seremoniemeester is ‘n Mnr de Reuck van êrens in Gauteng. Hy doen die joppie al 8 jaar en jy sal nie ‘n sweempie Afri-English bespeur nie. Hy is glad met die mond, snaaks en vol fun. Jy is sommer trots op die seun van jou eie land.
Die eerste aand is daar akrobate, manne wat mekaar optel met een vinger en twee jong meisies wat soos ‘n koeksuster inmmekaar vleg terwyl bene en arms in alle windrigtings uitsteek. Later die aand stel ek voor ek en my twee vriendinne probeer ook soiets in ons suite, maar die enigste trick wat ek baasraak is om my heupbeen potblou te stamp teen die bed se poot. Die ander twee het nie eens ‘n poging aangewend nie en ek is baie teleurgesteld, want ek kon reeds ‘n suksesvolle loopbaan op die skepe vir myself visualiseer. Hoeveel middeljarige “contortunats” kan daar nou in die wêreld wees.
Na elke vertoning is dit die tweede sitting vir aandete in die baie groot restaurant met kelners wat van Indië tot Irak verskyn in karige Engels met nog kariger spyskaartkeuses. Die eerste aand land my vriendin M se skaaptjoppie (baie taai en nie lekker snybaar) tussen my vis. Roomys is die driekleur wat jou ma as kind gekoop het vir partytjies, en die wyn is so duur jy drink maar heelaand water. Almal is opgedress, maar die kos het nie die boodskap gekry nie en lyk na koshuisproviand.
Deur die dag hang almal by die swembaddens rond en hier kan jy maklik enige fobies wat jy ooit oor jou figuur gehad het, afskud. Anties met dikgeswelde enkels en nog dikker arms plas lustig in die water en manne met vaatjieronde mae sit met die cocktail-koepons gereed. Die dae is min en die koepons baie! Tongaat en Witbank is vir ‘n paar kort daggies beste vriende rondom die kroegtoonbanke van die Opera.
Die Portugese Eilande is ‘n oordrewe term vir geelwit verlate strande sonder enige bome, skuiling of aktiwiteite. Ons skip maar die eerste een en die tweede een bereik ons nooit, want na ‘n uur se diesel fumes en ‘n onstuimige gedobber op die see besluit die skipper dis te gevaarlik om ‘n landing te doen. Ook maar beter so, want later die aand verneem ons een van die bemanningslede van ‘n ander bootjie se been is gesny deur die enjinskroef met die afspringslag en ‘n ander gas was met handsak en al onder water. Ek dink haar paspoort is nou ’n bietjie klam.
Die laaste aand adverteer hul Miss Opera as vermaak, maar toe ons aanmeld vir deelname sien ons ‘n paar wankelende meerderjarige tantes het ons reeds voorgespring. Hulle word uitgedaag om ballonne stukkend te sit op ‘n viriele jong man se skoot of dit met die boude stukkend te stamp. Die naam Mej Viskoek sou dalk meer gepas gewees het. Die een deelnemertannie praat Italiaans en loop drie rye spore op haar egte leerskoene.
Daar is later nog vermaak op die swembaddek en almal vergader vir oulaas om saam met die uitstekende vermaakspannetjie dwarsdeur alle lande te dans – alles van La Bamba tot Wakka Wakka e eh kry ‘n beurt.
Die aand en trippie word afgesluit met ‘n draai by die disko (of liewer dikskou). Hier merk ons weer die Italiaanse dame op en nou wieg sy nog gevaarliker as die boot wat intussen midde-in ‘n Indiese Oseaanstorm beland het.
Bootvaart is groot vermaak en die heel beste plek vir people watching. Jy klim af met ‘n sak vol duur foto’s (‘n fotograaf verewig elke hap en beweging op film) en goeie waarde vir geld. Daar is, soos almal sê, baie kos en vermaak. So bespreek vir jou en ‘n paar vriende ‘n trippie. Dis beter as enige komedievertoning. Al lag jy ook net vir jouself.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.